A Comparative Study on the Effectiveness of AI Chatbots and Dictionary Apps for Lexical Tasks and Retention
Samenvatting
'n Vergelykende studie van die effektiwiteit van KI-kletsbotte en woordeboektoepasssings in leksikale take en retensie. In hierdie studie word 'n KI-kletsbot (Kimi) en 'n tweetalige woordeboektoepassing (NCD) vergelyk ten opsigte van die steun wat hulle aan Chinese junior studente met Engels as hoofvak in woordeskatopdragte bied. Ses-en-sestig deelnemers het óf Kimi óf NCD gebruik om beide reseptiewe en produktiewe leksikale opdragte te voltooi. Gebruikersterugvoer oor hulpmiddelgebruik is met behulp van vraelyste ingesamel, en 'n week later is die langtermynwoordeskatretensie in 'n onverwagse retensietoets bepaal. Die resultate het getoon dat Kimi beduidend beter as NCD in woordeskatbegrip, kollokasieproduksie en produktiewe kennisretensie gevaar het. Daarbenewens het Kimi in al die toetsitems konsekwenter vertoon as NCD, wat die betroubaarheid van Kimi beklemtoon. Hierdie studie benadruk die potensiaal van KI-kletsbotte om taalverwante vrae te hanteer en om woordeskatverwerwing te verbeter. Dit bepleit ook die belyning van tegnologiese vooruitgang met pedagogiese doelwitte om hulpmiddels vir die aanleer van taal te optimaliseer en 'n volhoubare leeromgewing te skep. Sleutelwoorde: KI-kletsbot, woordeboektoepassing, woordeskatresepsie, kollokasieproduksie, retensie
Gepubliceerd
2025-05-06
Citeerhulp
Chen, Y. (2025). A Comparative Study on the Effectiveness of AI Chatbots and Dictionary Apps for Lexical Tasks and Retention. Lexikos, 35(1), 157-182. https://doi.org/10.5788/35-1-2027
Nummer
Sectie
Artikels/Articles
Outeursreg op alle materiaal wat in Lexikos gepubliseer is, berus by die Direksie van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Dit staan skrywers egter vry om hulle materiaal elders te gebruik mits Lexikos (AFRILEX-reeks) erken word as die oorspronklike publikasiebron.