The Effectiveness of the "Real-Life-Based School Dictionary" as an Electronic Dictionary

  • Ayça Çağlayan Özkan Department of Turkish, Guangdong University of Foreign Studies, P.R. China (https://orcid.org/0000-0002-8870-818X)

Samenvatting

Die effektiwiteit van die "Real-Life-Based School Dictionary" as 'n elektroniese woordeboek. Die Real-Life-Based School Dictionary (GYTOS) is ontwerp om die algemene woordeskat van Turks in te sluit, asook terminologie, kollokasies, idiome, spreekwoorde, sinonieme en antonieme met eentalige, virtuele en kodegenererings- en dekoderingsfunksies vir laer- en hoërskoolleerders, wat die doeltaalgehoor vorm. Die korpuslinguistiekmetode is in die samestellingsfase van die woordeboek gebruik en alle lemmas is aan die hand van die werklike lewe geïdentifiseer en gestruktureer deur die korpus wat saamgestel is (https://okulsozlugum.com/). Die doel van die studie was om die effek van GYTOS op die woordeskatontwikkeling van laer- en hoërskoolleerders vas te stel. Daarom is die leerders se ervaringsvlak in die gebruik van die woordeboek eers vasgestel. Daarna is leerders wat die woordeboek gebruik het en dié wat dit nie gebruik het nie, aan 'n prestasietoets onderwerp om die effek van GYTOS op die leerders se woordeskatontwikkeling statisties vas te stel. In die studie is 'n vraelys met 13 vrae gebruik om leerders se ervaring in die gebruik van GYTOS vas te stel. Daar is bevind dat hulle GYTOS hoogs toereikend vind. Daarbenewens het leerders verklaar dat GYTOS 'n bron is wat maklik is om te gebruik en toeganklik is. Uit die prestasietoets is afgelei dat die punte van die twee verskillende groepe leerders op dieselfde vlak en met dieselfde aantal gebruikers van GYTOS van dieselfde prestasietoets 'n statisties beduidende verskil toon. Sleutelwoorde: Real-Life-Based School Dictionary, effektiwiteit, skoolwoordeboek, taalvaardighede
Gepubliceerd
2025-04-24
Citeerhulp
Çağlayan Özkan, A. (2025). The Effectiveness of the "Real-Life-Based School Dictionary" as an Electronic Dictionary. Lexikos, 35(1), 143-156. https://doi.org/10.5788/35-1-2006
Sectie
Lexikonotas/Lexiconotes