Digital Lexicography in ESP: Enhancing Vocabulary Acquisition and Reading Comprehension in Students of Commerce Degree
Samenvatting
Digitale leksikografie in ESD: Die verbetering van woordeskatverwerwing en leesbegrip by handelstudente. In hierdie studie word die impak van Sketch Engine en Lexonomy op woordeskatverwerwing en leesbegrip in Engels vir Spesifieke Doeleindes (ESD) ondersoek. Daar word spesifiek gefokus op internasionale handel onder voorgraadse studente. Die navorsing wat oor dertien weke uitgevoer is, het 90 eerstejaar-handelstudente van 'n openbare universiteit in Madrid betrek. 'n Pre-eksperimentele ontwerp wat deelnemers in kontrole- en eksperimentele groepe verdeel, is geïmplementeer. Die kontrolegroep het tradisionele analoogwoordeboeke gebruik, terwyl die eksperimentele groep digitale hulpmiddels gebruik het om gespesialiseerde woordeboeke saam te stel. Prestasie is aan die hand van pre- en postintervensie-leesbegripstoetse beoordeel en met behulp van 'n vraelys is die gebruik van leksikografiese hulpbronne deur ESD-voorgraadse studente beoordeel. Aan die een kant het die resultate aangedui dat die gebruik van hierdie twee leksikografiese digitale hulpmiddels beduidende verbeterings rakende woordeskatverwerwing en leesbegrip inhou. Aan die ander kant het digitale hulpmiddels na vore getree as die voorkeurhulpbronne met die fokus op vertaling, kontekstuele betekenis, en stemsoektogfunksies. Uitdagings soos navigasieprobleme en die interpretasie van fonetiese transkripsies is egter ook aangeteken. Die bevindings beklemtoon die opvoedkundige potensiaal van die digitale leksikografie om ESD-onderrig te verbeter, outonome leer te bevorder en studente met noodsaaklike professionele vaardighede toe te rus. Hierdie navorsing vorm 'n basis vir die integrering van innovorende metodologieë in die hoër onderwys, wat sodoende bydra tot meer effektiewe en billike onderrigpraktyke. Sleutelwoorde: Sketch Engine, Lexonomy, didaktiese leksikografie, Engels vir Spesifieke Doeleindes, leesbegrip, woordeskatverwerwing
Gepubliceerd
2025-04-24
Citeerhulp
Chaves-Yuste, B., & Márquez-Cruz, M. (2025). Digital Lexicography in ESP: Enhancing Vocabulary Acquisition and Reading Comprehension in Students of Commerce Degree. Lexikos, 35(1), 109-128. https://doi.org/10.5788/35-1-2004
Nummer
Sectie
Artikels/Articles
Outeursreg op alle materiaal wat in Lexikos gepubliseer is, berus by die Direksie van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Dit staan skrywers egter vry om hulle materiaal elders te gebruik mits Lexikos (AFRILEX-reeks) erken word as die oorspronklike publikasiebron.