Using Generative AI to Provide High-Quality Lexicographic Assistance to Chinese Learners of English

  • Qian Li Centre for Lexicographical Studies, Guangdong University of Foreign Studies, China (https://orcid.org/0009-0002-8267-7762)
  • Sven Tarp Centre for Lexicographical Studies, Guangdong University of Foreign Studies, China; Department of Afrikaans and Dutch, Stellenbosch University, South Africa; and Aarhus University, Denmark (https://orcid.org/0000-0003-1941-9082)

Samenvatting

Die gebruik van generatiewe KI om hoëkwaliteit leksikografiese hulp aan Chinese aanleerders van Engels te bied. In hierdie artikel word verslag gelewer oor 'n navorsingsprojek wat daarop gemik is om te ondersoek hoe en tot watter mate generatiewe KI gebruik kan word om verskillende tipes verklarings te verskaf wat in skryfhulpmiddels vir Chinese aanleerders van Engels geaktiveer kan word. Die projek word eerstens in 'n leksikografiese konteks geplaas en die algemene metodologie wat gebruik word, word beskryf. Die beperkte bruikbaarheid van 'n leerderkorpus as empiriese basis en die behoefte aan die gebruik van ChatGPT as 'n hulpmiddel om die foutsubkategorieë wat verklaar moet word te bepaal, word hierby ingesluit. Dit het tot gevolg dat 26 foutsubkategorieë binne die hoofkategorie van onderwerp–werkwoord-kongruensie geïdentifiseer is. Twee generatiewe KI-kletsbotte, Baidu se Ernie Bot en OpenAI se ChatGPT, word dan met mekaar vergelyk, en daar word beskryf hoe laasgenoemde meer doeltreffend bevind is. Daarom is ChatGPT deur leksikograwe met ervaring in tweedetaalonderrig versoek om lang verklarings vir elk van die foutsubkategorieë te skryf, wat verskeie voorbeelde insluit wat beide die kletsbot se merkwaardige werkverrigting en die konstante behoefte aan menslike toesig en intervensie demonstreer. Terselfdertyd word die direkte integrasie van generatiewe KI in skryfhulpmiddels bepleit om kort verstekverklarings vir foute wat in leerders se tekste gevind word, te lewer. Laastens word die bevindings, insluitend die komplekse verhouding tussen menslike en kunsmatige intelligensie, opgesom. Sleutelwoorde: outomatiese foutkorrigering, kletsbotte, foutverklarings, frekwensiekriteria, generatiewe KI, L2-leer, taalmodelle, aanleerderskorpus, moderne glosse, skryfhulpmiddels
Gepubliceerd
2024-10-11
Citeerhulp
Li, Q., & Tarp, S. (2024). Using Generative AI to Provide High-Quality Lexicographic Assistance to Chinese Learners of English. Lexikos, 34(1), 397-418. https://doi.org/10.5788/34-1-1944
Sectie
Artikels/Articles