A Scoping Review of Studies into Dictionary Use and Language Learning

  • Xiaoshuai Ge School of Foreign Languages, Shandong Agricultural University, Tai'an, China; and Center for Linguistics and Applied Linguistics, Guangdong University of Foreign Studies, Guangzhou, China (https://orcid.org/0000-0003-4978-3934)
  • Songshan Zhang Center for Linguistics and Applied Linguistics, Guangdong University of Foreign Studies, Guangzhou, China (https://orcid.org/0000-0003-2033-4561)
  • Hai Xu Center for Linguistics and Applied Linguistics, Guangdong University of Foreign Studies, Guangzhou, China (https://orcid.org/0000-0003-4644-9033)
  • Xian Zhang Department of Linguistics, University of North Texas, Denton, USA (https://orcid.org/0000-0001-8472-5380)

Samenvatting

'n Evaluerende oorsig van studies oor woordeboekgebruik en taalleer. In hierdie artikel word 'n evaluerende oorsig van empiriese studies oor woordeboekgebruik en taalleer aangebied, met die doel om die ontwikkeling van die veld asook die tendense in die veld oor 'n spesifieke tydperk, sistematies te ondersoek. Gebaseer op die analise van die inhoud van 104 joernaalartikels wat tussen 1992 en 2024 gepubliseer is, word daar verskeie belangrike bevindings in hierdie studie gemaak. Die ontleding van publikasietendense dui daarop dat daar 'n oplewing in navorsingsbelangstelling ná 2010 is, grootliks as gevolg van die opkoms van die digitale tegnologie en die toenemende erkenning van die rol van woordeboeke in selfgerigte leer. Terwyl die "Groot Ses"-woordeboeke wyd in studies gebruik word, het hul elektroniese eweknieë ontwikkel in die dominante woordeboekvorm, wat die impak van die Digitale Revolusie weerspieël. Daar word aan die lig gebring dat ontwerpstudies wat gemengde metodes behels, al meer voorkom, wat toenemende besorgdheid in die veld weerspieël oor sowel die leeruitkoms wat deur woordeboekgebruik teweeggebring word as die leerders se kognitiewe prosesse wat by woordeboeknaslaangedrag betrokke is. Daar is ook bevind dat daar oormatig gesteun word op gevorderde en intermediêre EVT-/ETT-leerders om resultate te verkry, wat die behoefte aan navorsing wat leerders van uiteenlopende tweedetaaldoeltale en gevarieerde tweedetaalvaardigheidsvlakke betrek, beklemtoon. Ten spyte van die groot potensiaal van elektroniese woordeboeke om taalleer in domeine soos die grammatika, pragmatiek en uitspraak te ondersteun, bly navorsing op hierdie gebiede, verrassend genoeg, beperk. Hierdie evaluerende oorsig beklemtoon die behoefte aan verdere navorsing, veral dié wat met longitudinale ontwerp en in natuurlike kontekste uitgevoer word, om sodoende 'n holistiese opvatting te bevorder van hoe woordeboeke taalleer kan verbeter. Sleutelwoorde: woordeboek, woordeboekgebruik, woordeboeknaslaanpogings, taalleer, taalverwerwing, evaluerende oorsig, tweede taal, EVT-/ETT-leerders
Gepubliceerd
2024-09-25
Citeerhulp
Ge, X., Zhang, S., Xu, H., & Zhang, X. (2024). A Scoping Review of Studies into Dictionary Use and Language Learning. Lexikos, 34(1), 331-354. https://doi.org/10.5788/34-1-1940
Sectie
Lexikovaria/Lexicovaria