Making African Dictionaries More African

  • Thapelo J. Otlogetswe Faculty of Humanities, University of Botswana, Gaborone, Botswana (https://orcid.org/0000-0003-3887-2982)

Samenvatting

Om Afrika-woordeboeke meer Afrosentries te maak. In hierdie artikel word Afrosentriese strategieë vir Afrika-woordeboeke voorgestel. Daar word aangevoer dat hierdie woordeboeke die komplekse morfologie, wat tipies van Afrikatale is, op 'n gepaste wyse moet hanteer. Die aanspreek van die komplekse morfologie sal gebruikers help om woorde en betekenisse te verbind om sodoende 'n meer genuanseerde begrip van die taal te ontwikkel. Afrosentriese woordeboeke behoort historiese en etimologiese inligting van hul inskrywings te verskaf deur die leksikale oorsprong, migrasies, en invloede na te spoor, wat die begrip van taalevolusie en die onderlinge samehang daarvan sal verryk. Vir 'n breër woordeskatdekking wat verwant is aan die Afrika-kultuur, -tradisies, -flora, -fauna, -geografie en -geskiedenis, word daar in die artikel voorgestel dat Afrika-woordeboeke 'n hibriede strategie van data-insameling moet volg wat taalkundiges, vakkundiges, moedertaalsprekers en gemeenskapslede in die woordeboekmaakproses betrek. In hierdie artikel word ook geargumenteer dat die middelste deel van Afrika-woordeboeke 'n uitstekende spasie bied vir leksikograwe om die Afrika-kulture vas te vang, te demonstreer en te bewaar. In hierdie afdeling moet Afrika-kos, -kleredrag, -danse, -veekleurterme — veral vir landelike gemeenskappe — en verwantskapsterme verklaar, versterk, en gevier word. Deur benaderings, soos in hierdie artikel uiteengesit, te implementeer, word daar gehoop dat Afrika-woordeboeke meer verteenwoordigend, inklusief, en weerspieëlend van die diverse Afrikatale, -kulture, en -kontekste sal word. Sleutelwoorde: Afrosentries, Setswana, Afrika-woordeboeke, etimologie, kultuur, morfologie
Gepubliceerd
2024-09-11
Citeerhulp
Otlogetswe, T. J. (2024). Making African Dictionaries More African. Lexikos, 34(1), 309-330. https://doi.org/10.5788/34-1-1937
Sectie
Artikels/Articles