Dictionaries in Context, Context in Dictionaries: Legal Translation Tools

  • Sandro Nielsen Aarhus University, School of Communication and Culture, Department of English, Denmark (https://orcid.org/0000-0002-8269-6800)

Samenvatting

Woordeboeke in konteks, konteks in woordeboeke: Hulpmiddels vir regsvertaling. Vertalers werk met konteks en regsvertalingswoordeboeke kan hulpmiddels wees wat sodanige konteks verskaf. Aangesien leksikograwe egter tussen verskillende tipes kontekste onderskei, is dit relevant om te ondersoek watter kontekste benodig word om regsvertalers van hulp te wees. Daar moet ook in ag geneem word dat regsvertaling 'n interdissiplinêre aktiwiteit is wat bevoegdhede en vaardighede rakende die regte, taal en vertaling behels. Voorts behels regsvertaling ook 'n dekoderings-, oordrag- en enkoderingsfase, wat elkeen verskillende tipes kontekste van regsvertalingswoordeboeke vereis. 'n Ondersoek na konteks in regsvertalingswoordeboeke waarin die tale Deens, Engels, Frans, Duits, en Noorweegs, hanteer word, bring aan die lig dat dit nodig mag wees om tussen die konteks van woordeboeke as inligtingshulpmiddels (woordeboeke in konteks) en die konteks wat verband hou met die data wat hulle bevat (konteks in woordeboeke) te onderskei. Om woordeboeke binne konteks te plaas, behels hul formaat, grootte, bestek, inhoud, gebruik en gebruikersgroepe, terwyl die plasing van konteks in woordeboeke die volgende behels: pragmatiese kontekste, sintakties-semantiese kontekste, en gebruikskonteks wat verband hou met die brontaal- sowel as doeltaalitems, insluitende konsepte, terme, kollokasies, frases, vertalingsekwivalente, voorbeeldsinne, woordeboek-interne kruisverwysings, en woordeboek-eksterne kruisverwysings. Sleutelwoorde: regte, terminologie, fraseologie, tweetalige woordeboeke, vertaalwoordeboeke, kontekstuele data, kontekstualisering, regsleksikografie
Gepubliceerd
2024-09-11
Citeerhulp
Nielsen, S. (2024). Dictionaries in Context, Context in Dictionaries: Legal Translation Tools. Lexikos, 34(1), 288-308. https://doi.org/10.5788/34-1-1936
Sectie
Artikels/Articles