Adaptation and Validation of the Strategy Inventory for Electronic Dictionary Use (S.I.E.D.U.) for Chinese Learners

  • Lingling Li School of Literature and Media, Dongguan University of Technology, Dongguan, China
  • Hui Wang Zhongshan Medical School, Sun Yat-sen University, Guangzhou, China
  • Hai Xu Centre for Linguistics and Applied Linguistics, Guangdong University of Foreign Studies, Guangzhou, China

Samenvatting

Die aanpassing en bevestiging van die Strategie-inventaris vir Elektroniese Woordeboekgebruik (S.I.E.W.G.) vir Chinese leerders. In hierdie studie is beoog om die S.I.E.W.G.-vraelys vir die assessering van elektroniese woordeboekgebruik (EW-gebruik) in die Chinese konteks aan te pas en te bevestig. Ses kundiges het die vraelys in Chinees vertaal en dit toe terugvertaal in Engels om die akkuraatheid daarvan te waarborg. Die Chinese weergawe is aan 518 deelnemers uitgedeel. 'n Faktoranalise het sewe faktore blootgelê wat van die oorspronklike vier-faktorstruktuur afwyk. Bykomend tot faktore wat verband hou met EW-konvensies, ‑funksies, en strategiese vaardighede, het die studie addisionele faktore, insluitende leerdersvoorbereiding en foutopsporing, aanvaarding en gebruikskonteks, bergingsformaat en voordele van EW, en EW-intekening, geïdentifiseer. Hierdie bevindings verskaf 'n omvattende begrip van EW-gebruikstrategieë vanuit die perspektief van Chinese leerders wat beide leerders en opvoeders baat. Dié studie bevestig nie net die S.I.E.W.G. in die Chinese konteks nie, maar beklemtoon ook die belangrikheid van die uitbreiding van leerderstrategieë vir die effektiewe benutting van elektroniese woordeboeke. Sleutelwoorde: elektroniese woordeboek, vraelyste vir elektroniese woordeboekgebruik, strategieË vir elektroniese woordeboekgebruik, taalleerders, Chinese konteks, kulturele aanpassing

Biografie auteur

Lingling Li, School of Literature and Media, Dongguan University of Technology, Dongguan, China
Gepubliceerd
2024-07-09
Citeerhulp
Li, L., Wang, H., & Xu, H. (2024). Adaptation and Validation of the Strategy Inventory for Electronic Dictionary Use (S.I.E.D.U.) for Chinese Learners. Lexikos, 34(1), 245-268. https://doi.org/10.5788/34-1-1914
Sectie
Artikels/Articles