Defining Feminine Personal Nouns in Polish: A Practical and Postulative Overview Based on the Dictionary of Polish Female Nouns

  • Agnieszka Małocha Institute of Polish Philology, Philological Faculty, University of Wrocław, Wrocław, Poland

Samenvatting

Die definiëring van vroulike persoonsname in Pools: 'n Praktiese en voorveronderstelde oorsig gebaseer op die Woordeboek van Poolse vroulike naamwoorde. In hierdie artikel word verskeie metodes vir die definiëring van vroulike persoonsname in die Poolse leksikografie beskou en geanaliseer. Aandag word geskenk aan die tegnieke waarmee die resultate van die feminitiewe woordvormingskategorie wat in historiese en moderne woordeboeke opgeneem is, gedefinieer word. Dit het ten doel die bepaling van die beste metode om vroulike persoonsname vanuit die perspektief van die moderne gebruiker se behoeftes en beskouings van die wêreld, te definieer. Strydig met die erkende definiëringspraktyke, is 'n vertroulike metode wat by die Navorsingsafdeling vir die Vorming van Vroulike Persoonsname by die Instituut van Poolse Studies aan die Wrocław Universiteit, Pole, ontwikkel is, voorgestel. Dit het die grondslag vir die leksikografiese beskrywing wat in Słownik nazw żeńskich polszczyzny (Woordeboek van Poolse vroulike naamwoorde) gebruik word, gevorm. In hierdie artikel word 'n goed-gefundeerde voorstel vir die definiëring van leksikale items uiteengesit waarin afgesien is van 'n verwysing na die generiese manlike, m.a.w. 'n sistemiese motivering tipies van die aanbieding van Poolse woordvorming. Sleutelwoorde: vroulike persoonsname, feminitief, Poolse woordvorming, woordeboek, definisie
Gepubliceerd
2024-07-02
Citeerhulp
Małocha, A. (2024). Defining Feminine Personal Nouns in Polish: A Practical and Postulative Overview Based on the Dictionary of Polish Female Nouns. Lexikos, 34(1), 236-244. https://doi.org/10.5788/34-1-1912
Sectie
Lexikonotas/Lexiconotes