Grammatical Data in the Dictionary of Montenegrin National and Literary Language

  • Sonja Nenezić Faculty of Philology, University of Montenegro, Nikšić, Montenegro

Samenvatting

Grammatikale data in die Dictionary of Montenegrin National and Literary Language. Woordeboeke word gewoonlik geraadpleeg om die betekenis van 'n woord te bepaal. Die betekenis kan egter nie van die grammatikale kenmerke, wat dikwels die betekenis daarvan bepaal, geskei word nie. Daarom word die tipe, bestek, en metode van aanbieding van grammatikale data in 'n omvattende algemene woordeboek in hierdie artikel bestudeer. Dit het die analisering en bepaling van die morfologiese en sintaktiese eienskappe van al die tipes woorde wat tans in die enigste sodanige woordeboek van die nuut gestandaardiseerde Montenegrynse taal opgeneem is, ten doel. Aandag word ook geskenk aan die toegepaste metataal, wat 'n kombinasie van deursigtige afkortings en natuurlike taal verteenwoordig. Die aanvanklike hipotese dat daar sterk gesteun word op die oorgeërfde Serwo-Kroatiese leksikografiese praktyke word bevestig, maar sekere afwykings van hierdie tradisie word ook waargeneem, wat ooreenstem met die doel van die woordeboek om grammatikale data meer toeganklik en omvattend vir sy doeltaalgebruikers aan te bied. Sleutelwoorde: grammatikale data, grammatikale merker, algemeen beskrywende woordeboek, Dictionary of Montenegrin National and Literary Language, Serwo-Kroatiese taalwoordeboeke
Gepubliceerd
2024-06-13
Citeerhulp
Nenezić, S. (2024). Grammatical Data in the Dictionary of Montenegrin National and Literary Language. Lexikos, 34(1), 218-235. https://doi.org/10.5788/34-1-1908
Sectie
Artikels/Articles