The Current State of the OBI DICT Project: A Bilingual e-Dictionary of Oracle-Bone Inscriptions with AI Image Recognition

  • Yang Jin Faculty of Humanities, Georg-August-Universität Göttingen, Germany
  • Shuo Wen MLBIO lab, Ecole Polytechnique Federale de Lausanne, Switzerland

Samenvatting

Die huidige stand van die OBI DICT-projek: 'n Tweetalige e-woordeboek van orakelbeeninskripsies wat gebruik maak van KI-beeldherkenning. In hierdie artikel word verslag gelewer oor die huidige stand van die OBI DICT-projek, 'n tweetalige e-woordeboek van orakelbeeninskripsies (OBI), wat kunsmatige intelligensie- (KI-) beeldherkenningstegnologie gebruik. Daar word eers 'n oorsig gegee van die ontwikkeling van die leksikografiese werke oor orakelbeendere. Daarna word leemtes in bestaande orakelbeenwoordeboeke geïdentifiseer en die dringende behoefte aan die samestelling van 'n nuwe woordeboek word beklemtoon. In die daaropvolgende twee afdelings word die ontstaan en doelwitte van die projek uiteengesit en daarna word die ontwerp daarvan beskryf. Die vier hooffases van die projek, nl. materiaalversameling, literatuurbeskouing, inhouds- en koppelvlakontwerp, en soekenjin- en KI-beeldherkenningsontwerp, word in die derde afdeling in besonderhede beskryf. In die slotafdeling word breedvoerig uiteengesit hoe die die soekvereistes van gebruikers in die OBI DICT aangespreek en die bruikbaarheid gemaksimaliseer word, om sodoende aansienlike steun aan kontemporêre orakelbeennavorsing te verleen, wat die leerproses vir leke vergemaklik, en die leserstal wat belangstel in orakelbeendere, uitbrei. Sleutelwoorde: orakelbeeninskripsies, orakelbeen- leksikografiese werke, orakelbeendatabasisse, tweetalige woordeboek, KI-beeldherkenning, masjienleer, woordeboeksamestelling
Gepubliceerd
2024-06-04
Citeerhulp
Jin, Y., & Wen, S. (2024). The Current State of the OBI DICT Project: A Bilingual e-Dictionary of Oracle-Bone Inscriptions with AI Image Recognition. Lexikos, 34(1), 198-212. https://doi.org/10.5788/34-1-1906
Sectie
Projekte/Projects