This, Thing, Fervor, Fulfilment: The Treatment of Pronunciation and Spelling in Dictionaries of the Slovenian Immigration

  • Donna M.T.Cr. Farina Department of Multicultural Leadership, New Jersey City University, New Jersey, USA
  • Marjeta Vrbinc Faculty of Arts, University of Ljubljana, Slovenia
  • Alenka Vrbinc School of Economics and Business, University of Ljubljana, Slovenia

Samenvatting

"This", "thing", "fervor", "fulfilment": Die hantering van uitspraak en spelling in Sloweense immigrasiewoordeboeke. In die tweede helfte van die 19de eeu het woordeboeke vir Amerikaners belangriker geword. Die Amerikaanse bevolking het woordeboeke as gesaghebbend begin beskou; gebruikers het verwag dat hulle antwoorde op hul taalvrae sou verskaf. Teen die draai van die 19de eeu het die eerste onafhanklike Sloweense publikasies, bedoel vir Sloweense immigrante na die V.S.A., aan beide kante van die Atlantiese Oseaan verskyn. Die doel van hierdie artikel is om die hantering van uitspraak en spelling, beide in die voorwerk en in die sentrale deel van Sloweense immigrasiewoordeboeke, te bestudeer. Ons ondersoek vier woordeboeke (Kubelka 1904, Kubelka 1912b, Košutnik 1912, Kern 1919) wat deur drie outeurs saamgestel is. Hulle is in 'n tydperk gepubliseer toe hulpmiddels vir Engelse uitspraak of spelling nie geredelik in Sloweens beskikbaar was nie. In hierdie artikel word die woordeboekouteurs se toeligting rakende uitspraak asook die aanbieding van hierdie toeligting vir die teikengebruikers, gedokumenteer. Die hantering van die spelling van woorde met oorwegend Amerikaanse en oorwegend Britse variante, op 'n tydstip toe beide variante wydverspreid in die Amerikaanse samelewing voorgekom het, word ook gedokumenteer. Sleutelwoorde: Sloweense immigrasie na die V.S.A., tweetalige woordeboeke, Engels–Sloweense woordeboeke, Sloweens–Engelse woordeboeke, uitspraak, IFA, herspelling, spelling, Britse Engels, Amerikaanse Engels
Gepubliceerd
2024-05-10
Citeerhulp
Farina, D. M., Vrbinc, M., & Vrbinc, A. (2024). This, Thing, Fervor, Fulfilment: The Treatment of Pronunciation and Spelling in Dictionaries of the Slovenian Immigration. Lexikos, 34(1), 141-165. https://doi.org/10.5788/34-1-1901
Sectie
Artikels/Articles