How Can We Raise Strategic Dictionary Use in the Classroom: The Effect of a Dictionary Awareness Program on Dictionary Use Strategies

  • Zoe Gavriilidou Democritus University of Thrace, Greece
  • Angelos Markos Democritus University of Thrace, Greece
  • Evanthia Konstantinidou Democritus University of Thrace, Greece

Samenvatting

Hoe strategiese woordeboekgebruik in die klaskamer verhoog kan word: Die uitwerking van 'n woordeboekbewusmakingsprogram op woordeboekgebruikstrategieë. Hierdie studie ondersoek die impak wat 'n eksplisiete en geïntegreerde woordeboekbewusmakingsprogram op primêreskoolleerders se woordeboekgebruikstrategieë het. Die opname het altesaam 150 deelnemers, 10–12 jaar oud, van hoofstroom- en interkulturele skole betrek. Data is versamel voor en ná implementering van die program wat van die Strategie-inventaris vir Woordeboekgebruik (SIWG) gebruik gemaak het. Dit is 'n betroubare en bewese selfrapporteringshulpmiddel wat gebruikers van papierwoordeboeke se gerapporteerde gebruik binne die konteks van die werklike lewe akkuraat profilieer (Gavriilidou 2013). Die woordeboekbewusmakingsprogram het uit doelmatige aktiwiteite bestaan en is deur 'n groep van 75 studente, insluitende 50 uit hoofstroomskole en 25 uit 'n interkulturele skool, geïmplementeer. Die bevindings dui daarop dat daar onder studente wat Griekse skole bywoon 'n gebrek aan woordeboekkultuur is soos duidelik blyk uit die matige strategiese gebruik van woordeboeke en die onvolledige integrasie van woordeboeke as verwysingshulpmiddels in die opvoedkundige proses. Daarbenewens het die vergelyking van die persentasie van elke strategiekategorie voor en ná die implementering van die program aangetoon dat die program 'n beduidende uitwerking op alle kategorieë van Woordeboekgebruikstrategieë (WGS) wat deur die eksperimentele groep geïmplementeer is, gehad het. Hierdie studie lewer 'n bydrae tot die bespreking van die leerbaarheid van woordeboekgebruikstrategieë deur die effektiwiteit van woordeboekbewusmakingsprogramme in die bevordering van 'n woordeboekkultuur te beklemtoon. Sleutelwoorde: woordeboekgebruikstrategieë, woordeboekbewusmakingsprogram, eksplisiete en geïntegreerde strategie-onderrig, woordeboekkultuur, CALLA, strategiegebaseerde onderrig, naslaanstrategieë, lemmatiseringstrategieë
Gepubliceerd
2024-04-17
Citeerhulp
Gavriilidou, Z., Markos, A., & Konstantinidou, E. (2024). How Can We Raise Strategic Dictionary Use in the Classroom: The Effect of a Dictionary Awareness Program on Dictionary Use Strategies. Lexikos, 34(1), 99-122. https://doi.org/10.5788/34-1-1882
Sectie
Artikels/Articles