Dictionary Use Training in Secondary School EFL Textbooks in Taiwan

  • Wai-on Law School of Modern Languages, University of St Andrews, Scotland

Samenvatting

Woordeboekgebruiksopleiding in sekondêre skool-EVT-hand­boeke in Taiwan. As minder gebruiklike studie van die ontwerp van Engelse taalhandboeke vir woor­deboekgebruiksopleiding word in hierdie navorsing vier reekse sekondêre skoolhand­boeke wat op die Taiwannese mark beskikbaar is, ondersoek. Die inhoudsanalisemetode is toegepas om te bepaal (1) hoe effektief die huidige sekondêre Engelse handboeke leerders kan help om die nodige woor­de­boek­vaardighede gebaseer op die riglyne van die regering, te ontwikkel; en (2) hoe die huidige handboeke verbeter kan word om beter voorsiening te kan maak vir die leerders se behoef­tes aan woor­deboekvaardig­heids­opleiding. Die resultate toon aan dat geeneen van die nage­vorste reekse die Kurrikulumriglyne van die Ministerie van Onderwys (2018) rakende woordeboek­gebruiks­oplei­ding volg nie, alhoewel almal daarop aanspraak maak dat hulle die boek ontwerp het deur dit op die voorgeskrewe regeringskurrikulum te baseer. Voorstelle word gemaak oor hoe die huidige hand­boekontwerpe met die aanbevole hulpbronne woorde­boek­vaardighede kan inkor­po­reer. In die studie word die opvallende afwesigheid van opleiding in woordeboekgebruiks­vaardig­hede in sekon­dêre handboeke blootgelê, en word soortgelyke studies in ander lande versoek sodat die (on)beskik­baar­heid van woordeboekgebruiksopleiding in sekondêre skole ten volle begryp kan word. Hier­die studie behoort bruikbare inligting aan relevante regeringsowerhede, woordeboek­same­stel­lers, handboek­skry­wers, en Engelse taalonderwysers en -navorsers te kan voor­sien om die situa­sie te verbeter. Sleutelwoorde: woordeboekgebruiksopleiding, Taiwan, sekondêre skool-EVT-handboek, inhoudsanalise
Gepubliceerd
2024-04-15
Citeerhulp
Law, W.- on. (2024). Dictionary Use Training in Secondary School EFL Textbooks in Taiwan. Lexikos, 34(1), 77-98. https://doi.org/10.5788/34-1-1880
Sectie
Artikels/Articles