On the Inclusion of Neologisms in Oxford Advanced Learner's Dictionary (10th edition)

  • Anmin Wang School of Foreign Studies, Guangxi Minzu University, Nanning, China
  • Xi Chen School of Foreign Studies, Guangxi Minzu University, Nanning, China

Samenvatting

Oor die insluiting van neolo­gismes in die Oxford Advanced Learner's Dictionary (10de uitgawe). Om neologismes by te voeg by 'n woordeboek in die her­sie­ning daar­van, help om die woordeboek bygewerk te hou, wat relevant is vir 'n aanleerders­woor­de­boek soos Oxford Advanced Learner's Dictionary (10de uitgawe) (voortaan OALD 10), die jongste uit­gawe. Engelse aanleerderswoordeboeke soos OALD 10 word gereeld hersien. In hierdie artikel word die neologismes wat in OALD 10 ingesluit is, vanuit verskillende perspektiewe benader. Betref­fende die woordsoort is 71.1% van die neologismes selfstandige naamwoorde, wat die naam­woor­delike aard van Engels bevestig. Inhoudswoorde soos selfstandige naamwoorde, adjek­tiewe, bywoorde en werkwoorde beslaan ongeveer 96% van die neologismes. Te oordeel na woord­vorming is, in dalende volgorde, die drie belangrikste metodes waarmee neologismes gevorm word same­stel­ling, aflei­ding en samesmelting. Volgens die vorm wat die samestellings, wat meestal self­standige naamwoorde is, aan­neem, is hulle in dalende volgorde oop, koppelteken- en geslote same­stellings. 623 samestellings vorm meer as die helfte van die neologismes wat kragtige bewys bied dat same­stel­ling die mees frekwente metode is wat gebruik word om neologismes te vorm. Betreffende neolo­gis­mes wat deur afleiding gevorm is, is die meeste ook selfstandige naam­woorde. 170 uit 300 neolo­gismes wat deur afleiding gevorm is, het reeds as afleidings van tref­woorde in OALD 9 ver­skyn. Rakende 34 samesmeltings is 75% van hulle gedeeltelik van aard, wat daar­op dui dat ten minste een woord tydens die skep van 'n samesmelting in sy volledige vorm is. Betreffende die nuwe woorde met streek­etikette is byna 80% geëtiketteer as behorende tot Britse en Noord-Ameri­kaanse gebruike, 'n aan­dui­ding van die verskuilde Anglo-sentrisiteit. Die status van som­mige woorde wat as neologismes beskou word, is betwisbaar, aangesien hulle lank reeds gebruik word. Die impak van die weten­skap en tegnologie op die insluiting van neologismes in OALD 10 is taam­lik duide­lik. Daar is steeds heel­wat ruimte vir verdere navorsing rakende OALD 10. Sleutelwoorde: neologisme, OALD 10, woordsoort, woordvorming, streek­etiket, anglo-sentrisiteit, woordeboekhersiening, wetenskaplike en teg­niese invloed

Biografie auteur

Anmin Wang, School of Foreign Studies, Guangxi Minzu University, Nanning, China
Gepubliceerd
2024-03-27
Citeerhulp
Wang, A., & Chen, X. (2024). On the Inclusion of Neologisms in Oxford Advanced Learner’s Dictionary (10th edition). Lexikos, 34(1), 41-50. https://doi.org/10.5788/34-1-1871
Sectie
Lexikonotas/Lexiconotes