Training an AI-based Writing Assistant for Spanish Learners: The Usefulness of Chatbots and the Indispensability of Human-assisted Intelligence

  • Ángel Huete-García University of Oxford, Faculty of Medieval and Modern Languages, United Kingdom
  • Sven Tarp Aarhus University, Denmark, and Stellenbosch University, South Africa

Samenvatting

Die afrigting van 'n KI-gebaseerde skryfhulpmiddel vir Spaanse leerders: Die nut van kletsbotte en die onmisbaarheid van mensgesteunde intelligensie. Hierdie artikel handel oor die verhouding tussen menslike en kunsmatige intelligensie binne die konteks van 'n lopende Spaanse skryfhulpmiddelprojek, waar ChatGPT vir vier sleuteltake verwant aan óf die afrigting van die onderliggende taalmodel óf die voorbereiding van toekomstige gebruikerskommunikasie aangewend word. Dit is 'n interdissiplinêre samewerkingsprojek tussen leksikograwe met ervaring in taalonderrig en IT-spesialiste van'n hoëtegnologiemaatskappy. In die artikel word die metodologie van die algehele projek en die spesifieke rol van die leksikograwe eers beskryf. Daarna word die drie take waarby die laasgenoemdes direk betrokke is, beskryf: die samestelling van 'n stel van twee parallelle Spaanse korpora, een korrek en die ander met ingevoerde foute, die generering van geldigheidsmateriaal, en die skryf van uitgebreide grammatikale verklarings vir Spaanse leerders. Gebaseer op 'n groot hoeveelheid empiriese data, insluitend 35,000 versigtig beoordeelde sinne, word die verskillende stappe van die interaksie tussen mens en kletsbot, sowel as die ervarings en refleksies wat uit die proses verkry is, uiteengesit. Daar word tot die gevolgtrekking gekom dat die twee dele, afhangende van die konkrete taak, in baie verskillende tipes verhoudings betrokke is, en dat menslike kennis, kultuur, vaardighede en taalintuïsie noodsaaklik is vir die kletsbot om behoorlik te funksioneer. Sleutelwoorde: Spaanse skryfhulpmiddels, taalaanleer, kletsbotte, mensgesteunde intelligensie, taalmodelafrigting, korpusbou

Biografie auteur

Ángel Huete-García, University of Oxford, Faculty of Medieval and Modern Languages, United Kingdom
Gepubliceerd
2024-03-19
Citeerhulp
Huete-García, Ángel, & Tarp, S. (2024). Training an AI-based Writing Assistant for Spanish Learners: The Usefulness of Chatbots and the Indispensability of Human-assisted Intelligence. Lexikos, 34(1), 21-40. https://doi.org/10.5788/34-1-1862
Sectie
Artikels/Articles