Verskillende perspektiewe oor glossariums: Vertalend teenoor leksikografies

  • Ilse Feinauer Departement Afrikaans en Nederlands, Universiteit Stellenbosch, Stellenbosch

Samenvatting

Die term glossarium kom onder andere in sowel vertaling as leksikografie voor in wat lyk soos verskillende toepassings: vir vertaling — 'n lys woorde wat deur die vertaler tot die doel­teks toegevoeg word; vir leksikografie — 'n tipe woordeboek of naslaanwerk. Dit lyk of die term meer dikwels in die metataal van sowel praktiese (literêre) vertaling en praktiese leksikografie voor­kom as in die vertaalwetenskap en metaleksikografie. In albei gevalle word die term egter min­der koherent, minder eenduidig en vaer gebruik as wat van 'n term in 'n wetenskaplike veld ver­wag sou word. In hierdie artikel probeer ek die uiteenlopende toepassings van die term glos­sa­rium sistematies te onderskei, want dit sal feitlik onmoontlik wees om glossarium ondubbelsinnig te defi­nieer. Ek begin deur die ekstratekstuele en tekstuele kenmerke van die term glossarium te ont­leed deur die verskille en ooreenkomste aan te toon soos dit onderskeidelik in die vertaalweten­skap en metaleksikografie gebruik word. Die artikel is meer deskriptief as normerend, maar stel tog voor dat glossarium gereserveer word vir gebruik in die vertaalwetenskap en dat die term spe­sia­lis­woordeboek (eentalig, tweetalig, meertalig) in die metaleksikografie gebruik word. Sleutelwoorde: glossarium, glos, vertaalwetenskap, metaleksikografie, (literêre) vertaling, terminologie, spesialiswoordeboeke, tekstueel, ekstra­tekstueel, leksikale digtheid, vertaalekwivalent
Gepubliceerd
2023-12-14
Citeerhulp
Feinauer, I. (2023). Verskillende perspektiewe oor glossariums: Vertalend teenoor leksikografies. Lexikos, 33(2), 152-175. https://doi.org/10.5788/33-2-1845