Gender Stereotypes in Dictionaries: The Challenge of Reconciling Usage-based Lexicography with the Role of Dictionaries as Social Agents

  • Carolin Müller-Spitzer Institut für Deutsche Sprache, Mannheim, Germany

Samenvatting

Genderstereotipes in woordeboeke: Die uitdaging om die ge­bruiks­ge­baseerde leksikografie met die rol van woordeboeke as sosiale werk­tuie te versoen. In baie lande van die wêreld het perspektiewe op gendergelykheid en rassisme in onlangse dekades verander.1 Een uitvloeisel hiervan is dat meer aandag geskenk word aan spore van androsentriese en rassistiese taal in die gemeenskap. Dit beïnvloed ook woordeboeke. In die lek­si­ko­grafie is daar besprekings oor of en tot watter mate sosiale asimmetrieë in woordeboeke beskryf word en of dit nog aanvaarbaar is. Die kwessie rondom die aard van beskrywing speel 'n belang­rike rol in hierdie bespreking. Moet die woordeboek ook seksistiese gebruike opneem indien dit dikwels in taalgebruik, bv. in die korpusdata waarop die woordeboek gebaseer is, gevind word? Hoe is dit op sy beurt weer versoenbaar met die normatiewe krag van woordeboeke? Dra woor­de­boeke by tot die verewiging van genderstereotipes deur hulle onder die vaandel van beskry­wende begin­sels op te neem? En watter rolle moet leksikograwe in hierdie proses speel? In dié arti­kel word op grond van individuele leksikografiese voorbeelde en huidige bespre­kings in die lek­si­ko­gra­fiese en openbare gemeenskap aan hierdie vraagstukke aandag geskenk. Sleutelwoorde: gender en taal, genderstereotipes, kollokasies, kor­pus­geba­seerde leksikografie, woordeboeke as sosiale werktuie
Gepubliceerd
2023-12-14
Citeerhulp
Müller-Spitzer, C. (2023). Gender Stereotypes in Dictionaries: The Challenge of Reconciling Usage-based Lexicography with the Role of Dictionaries as Social Agents. Lexikos, 33(2), 79-94. https://doi.org/10.5788/33-2-1843