Lexicography, Culture and Mediation. Or Why a Good Lexicographer Must Also Be a Good Cultural Mediator

  • Martina Nied Curcio Università degli Studi Roma Tre, Italy

Samenvatting

Die leksikografie, kultuur en bemiddeling. Of waarom 'n goeie leksikograaf ook 'n goeie kultuurbemiddelaar moet wees. Kultuurgebonde items word dikwels weggelaat uit leksikografiese bronne, en wanneer hulle aanwesig is, word hulle selde, veral in tweetalige woordeboeke, op 'n toepaslike wyse verklaar: die gelyste ekwivalente reflek­teer dikwels nie die betekenis van die kultuurwoord akkuraat nie, gebruiksvoorbeelde mag ont­breek, en bowenal — veral vir 'n niemoedertaalspreker — word belangrike inlig­ting op kultuur­vlak weggelaat (Nied Curcio 2020). Kommunikasieprobleme en misverstande wat, nie deur afwy­kings op linguistiese vlak nie, maar op kultuurvlak, veroorsaak word, kan tussen sprekers van ver­skil­lende tale en kulture ontstaan. Spesifieke kultuurkennis en 'n gevorderde vlak van interkul­turele vaardigheid word vereis. Bemiddeling van tekste en konsepte en die gebruik van bemiddelingstrategieë kan belang­rike insette lewer om die leksikograaf se interkulturele vaardigheid, wat noodsaaklik is vir 'n vol­doende leksikografiese beskrywing van kultuuraspekte, te ontwikkel. Bemiddelaars maak dikwels gebruik van hul veeltalige en multikulturele repertoire en gebruik bemiddelingstrategieë. Lek­si­ko­grawe kan ook dieselfde vaardighede vir die voldoende en suksesvolle beskrywing van kul­tuur­gebonde items in leksikografiese hulpbronne inspan. In hierdie artikel word die fokus op die media­sie­konsep geplaas; die Companion Volume van die Common European Framework of Reference for Lan­guages (2018) toon ooreenkomste in die vaardigheidsvereistes tussen bemiddelaars en lek­si­ko­grawe, en steun die gebruik van bemiddelingstrategieë deur leksi­kograwe om te verseker dat kul­tuur­inlig­ting in die woordeboek voldoende verteenwoordig word. Sleutelwoorde: tweetalige woordeboeke, kultuuritems, vertaling, inter­kulturele vaar­digheid, bemiddeling, bemiddelingstrategieë, veeltalige vaar­digheid, multikulturele vaar­digheid

Biografie auteur

Martina Nied Curcio, Università degli Studi Roma Tre, Italy
 
Gepubliceerd
2023-12-14
Citeerhulp
Nied Curcio, M. (2023). Lexicography, Culture and Mediation. Or Why a Good Lexicographer Must Also Be a Good Cultural Mediator. Lexikos, 33(2), 95-106. https://doi.org/10.5788/33-2-1842