How to Solve Problems in Dictionary Use: The Georgian Case

  • Tinatin Margalitadze Centre for Lexicography and Language Technologies, Ilia State University, Georgia
  • George Meladze Centre for Lexicography and Language Technologies, Ilia State University, Georgia

Samenvatting

Hoe om probleme in woordeboekgebruik op te los: Die Geor­giese geval. Hierdie artikel is geïnspireer deur die plenêre referaat wat deur Rufus Gouws by die XX Internasionale EURALEX Kongres in Mannheim gelewer is: "Dictionaries: Bridges, Dykes, Sluice Gates" ("Woordeboeke: Brue, dyke, sluisdeure") (Gouws 2022). Sy beklemtoning van die gebrek aan woordeboekkultuur en die verantwoordelikhede, nie slegs wat die leksikografie teenoor die gemeen­skap het nie, maar wat die gemeenskap ook teenoor die leksikografie het, is 'n belang­rike perspek­tief wat relevant is vir baie gemeenskappe, insluitende die Georgiese gemeenskap. Ter­wyl Gouws hier­die term as sambreelterm gebruik om na beide die gebruikersvriendelikheid van woor­deboeke, aan die een kant, en die vermoë en bereidwilligheid van die gemeenskap om woor­de­boeke en hul ken­nis van woordeboekgebruiksvaardighede te gebruik, aan die ander kant, te ver­wys, fokus ons in hier­die artikel meer op laasgenoemde aspek van die term woordeboekkultuur. Verskeie studies wat sedert die 1970s in die woordeboekgebruiksveld uitgevoer is, het aange­toon dat baie gebruikers nie geweet het hoe om woordeboeke te gebruik nie, dat hulle nie bekend was met die struktuur van inskrywings nie, dat hulle nie die woordsoort van 'n woord kon identi­fi­seer nie, dat hulle geen idee van homonomie, polisemie en verwante kwessies gehad het nie; dit het gelei tot foute in begrip, vertaling en ander take wat verband hou met vreemde­taal­ver­wer­wing. Hier­die studies wat in verskillende lande uitgevoer is, het ook die behoefte aan die onder­rig van woor­deboekgebruik in skole en universiteite duidelik aangetoon. Ongelukkig, ten spyte van pogings van leksikograwe en opvoeders om hierdie situasie te verbeter, en ten spyte van som­mige posi­tiewe stappe wat in hierdie rigting geneem is, wat in hierdie artikel bespreek sal word, is daar steeds nie bevredigende onderrig in woordeboekgebruik in opvoedkundige instan­sies wat daartoe sal bydra dat 'n woordeboekkultuur geskep of volhoubaar gemaak word nie. Die doel van hierdie artikel is om probleme in woordeboekgebruik in die Georgiese konteks te bespreek en om ons ervaring in die implementering van die onderrig van leksikografie en die ont­wikkeling van woordeboekgebruiksvaardighede aan Georgiese universiteite te deel. Sleutelwoorde: woordeboekkultuur, die onderrig van woordeboek­gebruik, woordeboekgebruiksvaardighede, oefeninge, woordeboekdidaktiek, Engels–Georgiese woordeboek
Gepubliceerd
2023-12-14
Citeerhulp
Margalitadze, T., & Meladze, G. (2023). How to Solve Problems in Dictionary Use: The Georgian Case. Lexikos, 33(2), 63-78. https://doi.org/10.5788/33-2-1840