Ways out of the Dictionary: Hyperlinks to Other Sources in German and African Online Dictionaries

  • Annette Klosa-Kückelhaus Leibniz Institute for the German Language, Mannheim, Germany

Samenvatting

Roetes uit die woordeboek uit: Hiperskakels na ander bronne in aanlyn Duitse en Afrika-woordeboeke. In hierdie artikel word 'n aantal aanlyn Duitse en Afrika-woordeboeke bestudeer om waar te neem hoe die moontlikheid om met eksterne bronne (bv. ander woordeboeke, ensiklopedieë, of selfs korpusdata) verbind te word, in hierdie bronne gebruik word. Daar word ondersoek ingestel na watter hiperskakels op watter plekke in die woord­artikels voor­kom en hoe hulle aan die woordeboekgebruikers aangebied word. Dit word gedoen teen die agtergrond van metaleksikografiese beskouings oor die beplanning van buiteken­merke en die mediostruktuur in aanlyn woordeboeke sowel as verskillende kategoriserings van hiper­skakels in aanlyn naslaanwerke. Die resultate dui daarop dat retro-gedigitaliseerde woor­de­boeke feitlik glad nie gebruik maak van hiperskakels na eksterne bronne nie. Aan die ander kant maak ware aanlyn woordeboeke wel daarvan gebruik, maar dik­wels in 'n vorm wat verbetering beno­dig, aangesien verklarings van woordeboek-eksterne ska­kels, byvoorbeeld, nie altyd in die gebrui­kersgids gevind word nie en hul ontwerp binne een woordeboek kan verskil. Sleutelwoorde: aanlyn woordeboeke, retro-gedigitaliseerde woor­de­boeke, medio­struk­tuur, hiperskakels, Afrikatale, Duits

Biografie auteur

Annette Klosa-Kückelhaus, Leibniz Institute for the German Language, Mannheim, Germany
   
Gepubliceerd
2023-12-14
Citeerhulp
Klosa-Kückelhaus, A. (2023). Ways out of the Dictionary: Hyperlinks to Other Sources in German and African Online Dictionaries. Lexikos, 33(2), 43-62. https://doi.org/10.5788/33-2-1839