Structuring a Collection of Lexicographic Data for Different User and Usage Situations

  • Pedro A. Fuertes-Olivera Department of Afrikaans and Dutch, University of Stellenbosch, South Africa; International Centre for Lexicography, University of Valladolid, Spain; and Centre of Excellence in Language Technology, Ordbogen A/S, Odense, Denmark

Samenvatting

Die strukturering van 'n versameling leksikografiese data vir ver­skillende gebruikers- en gebruiksituasies. Volgens Fuertes-Olivera en Tarp (2020) word die leksikografie tans gevorm deur drie verwante tendense: (a) die toenemende gebruik van ont­wrigtende tegnologieë; (b) die noodsaaklikheid om nuwe sakemodelle wat nuwe leksi­ko­gra­fiese projekte kan finansier, te vind; en (c) die voorkoms van groeiende kompetisie van ander inlig­tings­bronne, bv. Google. Hierdie tendense het 'n bepaalde invloed op gespesialiseerde woorde­boeke, wat hier gedefinieer word as hulpmiddels wat gebiede buite die algemene kulturele ken­nis en ooreenstemmende Taal vir Algemene Doeleindes (TAD) dek. Hierdie artikel steun die beskou­ing dat leksikograwe bogenoemde tendense kan hanteer deur gestruktureerde versamelings leksi­ko­gra­fiese data met detail voor te berei wat maklik in inligting omskep kan word en in woorde­boek­skryf­stelsels (WSSs) geberg kan word wat veelvoudige kombinasies en moontlike afvoere moont­lik maak. Hierdie opsie is toepaslik vir die tendense, aangesien dit voldoende tegnologieë gebruik, bv. metodes vir profielsamestelling of geïndividualiseerde soektogte, steun bied aan 'n nuwe sake­model wat gebaseer is op die skep van leksikografiese data wat baie ver­skillende hulp­mid­dels kan voed, bv. Write Assistant (Fuertes-Olivera en Tarp 2020), en beter en meer presiese inlig­ting as dié van Google en ander inligtingshulpmiddels kan aanbied. Sleutelwoorde: leksikografiese data, tegnologie, gespesialiseerde taal, gespesialiseerde leksikografie, e-leksikografie
Gepubliceerd
2023-12-14
Citeerhulp
Fuertes-Olivera, P. A. (2023). Structuring a Collection of Lexicographic Data for Different User and Usage Situations. Lexikos, 33(2), 22-42. https://doi.org/10.5788/33-2-1832