Verifying the Terminology of Arabic Rhetorical Tradition: The Case of ʾIltifāt

  • Emad Abdul-Latif Arabic Department, Faculty of Arts and Sciences, Qatar University, Doha, Qatar

Samenvatting

Die verifikasie van die terminologie van die Arabiese retoriese tradisie: Die geval van ʾIltifāt. Die terminologie van die Arabiese Balāgha openbaar verskeie probleme, soos om veelvoudige terme te bevat wat na een konsep verwys en om veelvoudige konsepte te bevat wat net een term het. Hierdie probleme veroorsaak vaagheid en wanopvattings in baie moderne en kontemporêre studies. In hierdie artikel word gepoog om moontlike dubbelsinnigheid asook wanopvattings te verminder deur middel van 'n omvattende metodologie om die Arabiese retoriese terminologie te verifieer. Hierdie metodologie bestaan uit twee stappe: (1) die identifisering en analisering van die verskillende konsepte waarna 'n enkelterm verwys, en (2) die identifisering en analisering van die verskillende terme wat na een konsep verwys. Hierdie stappe word op die term ʾiltifāt en op die konsep van 'wisseling tussen eerste, tweede, en derde voornaamwoorde' toegepas. Die Arabiese klassieke retorici het ʾiltifāt gebruik om na dertien verskillende figure, style, en kenmerke te verwys. Op 'n soortgelyke wyse, het hulle sewe verskillende terme vir een konsep gebruik. Die redes vir hierdie terminologiese wanorde word ondersoek en die noodsaaklikheid van 'n kontekstuele woordeboek vir die Arabiese Balāgha word bepleit. Sleutelwoorde: ʾiltifāt, balāgha, grammatikale verskuiwing, Arabiese tradisie, terminologie, retoriek
Gepubliceerd
2023-11-09
Citeerhulp
Abdul-Latif, E. (2023). Verifying the Terminology of Arabic Rhetorical Tradition: The Case of ʾIltifāt. Lexikos, 33(1), 448-473. https://doi.org/10.5788/33-1-1831
Sectie
Artikels/Articles