A Necessary Redefinition of Lexicography in the Digital Age: Glossography, Dictionography and Implications for the Future

  • Sven Tarp Department of Afrikaans and Dutch, Stellenbosch University, South Africa; Centre of Excellence in Language Technology, Ordbogen A/S, Denmark; Centre for Lexicographical Studies, Guangdong University of Foreign Studies, China; and Centre for Lexicography, University of Aarhus, Denmark
  • Rufus H. Gouws Department of Afrikaans and Dutch, Stellenbosch University, South Africa

Samenvatting

'n Noodsaaklike herdefiniëring van leksikografie in die digi­tale era: Glossografie, woordegrafie en implikasies vir die toekoms. Hierdie arti­kel handel oor ontwikkelinge in die veld van leksikografie wat gelei het tot die behoefte aan 'n nuwe definisie vir hierdie term. Dit bied 'n blik op die herkoms, gebruik en ontwikkeling van die term leksikografie en die gebruik van glosse in die verlede en tans. Daar word gewys hoe die digitale era die gebruik van bepaalde leksikografiese kenmerke in ander bronne as woordeboeke moontlik maak. Dit lei tot 'n uitbreiding van die bestek van die term leksikografie. Daar is 'n sterk fokus op die gebruik van glosse wat oorspronklik deur skriptore as brokkies in manuskripte gevoeg is om te help met 'n beter begrip van moeilike woorde en uitdrukkings. Die gebruik van glosse het toege­neem en word tans algemeen gebruik in 'n verskeidenheid omgewings. In digitale produkte speel glosse 'n vernuwende, produktiewe en belangrike rol om nuwe tipes leksikografiese data aan te bied. Dit vereis die erkenning van glosse as leksikografiese inskrywings en lei tot 'n hedefiniëring van die term leksikografie wat twee hoofafdelings insluit, te wete woordegrafie en glossografie. Sleutelwoorde: kunsmatige intelligensie, digitale era, glos, glosso­gra­fie, leksikografiese data, skriptor, woordegrafie, interdissiplinêre same­wer­king, leeshulp, skryfhulp
Gepubliceerd
2023-09-18
Citeerhulp
Tarp, S., & Gouws, R. H. (2023). A Necessary Redefinition of Lexicography in the Digital Age: Glossography, Dictionography and Implications for the Future. Lexikos, 33(1), 425-447. https://doi.org/10.5788/33-1-1826
Sectie
Artikels/Articles