The Concept of Lexicographic Condensation: A Review of and Perspectives on Digital Lexicography

  • M.ª Teresa Fuentes Morán Department of Translation and Interpreting, University of Salamanca, Salamanca, Spain

Samenvatting

Die konsep van leksikografiese verdigting: 'n Oorsig van en perspektiewe op die digitale leksikografie. In hierdie artikel word gefokus op die kon­sep van leksikografiese tekstuele verdigting om sodoende die rol daarvan in die digitale leksikografie te bepaal. Huidige interpretasies van hierdie konsep wat oorspronklik vir gedrukte woordeboeke geskep is, word geanaliseer. Besondere klem word geplaas op die relevante onderskeiding tussen die verskillende tekstuele vlakke waarin die inhoud van hierdie werke versprei is en op die verskil tus­sen primêre en sekondêre verdig­ting. Voorbeelde uit Engels–Spaanse digitale woordeboeke word ondersoek om te bepaal hoe ver­dig­ting in hierdie werke aangebied word en watter soorte kom­po­nente of items spesifiek hierdeur beïn­vloed word. Laastens word die betekenis van verdig­tings­vorme in huidige woordeboeke wat gebaseer is op die leesbenaderings wat op naslaanwerke toe­gepas word, bespreek. Ons steun die argument dat hierdie vorme inherent is aan die tipe teks wat 'n woordeboek genoem word, en dat die oor­sake van verdigtingsmeganismes nie beperk is tot blote ruimtelike beperkings nie, maar dat hier­die meganismes, saam met ander formele aspekte, dit mak­liker kan maak om die ver­langde ant­woorde deur middel van 'n nieliniêre leesproses wat oor die algemeen en aanvaarbaar op woor­de­boeke toegepas word, te vind. Sleutelwoorde: digitale leksikografie, gedrukte leksikografie, leksiko­gra­fiese tekstuele verdigting, teorie van woordeboekvorm, primÊre lek­si­ko­grafiese verdigting, sekondÊre leksikografiese verdigting, tweetalige Engels–Spaanse leksikografie, mikrostruktuur, verwysing, natuurlike tale

Biografie auteur

M.ª Teresa Fuentes Morán, Department of Translation and Interpreting, University of Salamanca, Salamanca, Spain
 
Gepubliceerd
2023-09-14
Citeerhulp
Fuentes Morán, M. T. (2023). The Concept of Lexicographic Condensation: A Review of and Perspectives on Digital Lexicography. Lexikos, 33(1), 404-424. https://doi.org/10.5788/33-1-1824
Sectie
Artikels/Articles