Nuwe raamstruktuurtipes in aanlyn woordeboeke

  • Rufus H. Gouws Departement Afrikaans en Nederlands, Universiteit Stellenbosch, Suid-Afrika

Samenvatting

In die leksikografiepraktyk lei die oorgang vanaf gedrukte na aanlyn woor­de­boeke tot talle veranderinge. Hierdie veranderinge moet in die leksikografieteorie beskryf word. Woor­deboekstrukture is ook 'n teiken van veranderinge, met ou strukture wat aangepas en nuwe struk­ture wat ontwikkel word. In hierdie artikel is die fokus op verskeie aspekte van een van die nuwe struktuurtipes in aanlyn woordeboeke, naamlik die skermskootstruktuur. Hierdie struktuur huis­ves onder meer individuele woordeboekartikels, artikeldele, beperkte artikels asook artikel­deel­trajekte. Naas die kernartikel laat die skermskootstruktuur ook uitgebreide artikels toe wat 'n nuwe tipe raamstruktuur vertoon, te wete 'n artikelraam. 'n Artikelraam kan die gevolg van hori­son­tale uitbreiding na links en/of regs asook opwaartse en/of afwaartse vertikale uitbreiding wees. Geïntegreerde en niegeïntegreerde artikelbuitetekste bied huisvesting aan leksikografies rele­vante data wat nie in die kernartikel verskyn nie. Veral in die kommersiële leksikografie raak nielek­si­ko­grafiese data in woordeboeke al hoe belangriker en die skermskootstruktuur moet so beplan word dat hierdie data gehuisves word sonder om data-oorlading tot gevolg te hê. Dit kan geplaas word in 'n soekraam wat in die skermskootraamstruktuur voorsien word. Sleutelwoorde: aanlyn woordeboek, artikelraam, artikelraamstruk­tuur, buiteteks, dataverspreiding, raamstruktuur, skermskootraam, skerm­skoot­struktuur, soekraam, spyskaartteksblok
Gepubliceerd
2023-09-04
Citeerhulp
Gouws, R. H. (2023). Nuwe raamstruktuurtipes in aanlyn woordeboeke. Lexikos, 33(1), 382-403. https://doi.org/10.5788/33-1-1822
Sectie
Artikels/Articles