Phonological Inclusion, and Exclusion, Regarding South African English in the Online OED

  • Alex Baratta Manchester Institute of Education, University of Manchester, Manchester, UK

Samenvatting

Fonologiese insluiting, en weglating, rakende Suid-Afrikaanse Engels in die aanlyn OED. In hierdie artikel word inklusiwiteit en diversiteit, soos toegepas op die Oxford English Dictionary (OED), vanuit 'n fonologiese perspektief benader. Die uitspraakgids binne die OED-inskrywing vir Suid-Afrikaanse Engels (SAE) word spesifiek ondersoek. Aan die een kant is die insluiting van 'n lys van Wêreldengels deur die OED, in terme van diversiteit, 'n stap vorentoe om sodoende, byvoorbeeld, die linguistiese hegemonie van Britse en Amerikaanse Engels te vermy. Aan die ander kant steun die uitspraakgids vir SAE op 'n enkele variëteit — wat 'n weerspieëling van wit Suid-Afrikaners is. Boonop reflekteer die OED-uitspraakgids vir alle variëteite "opgevoede stedelike sprekers van standaardengels". Hierop gebaseer, is die uitspraakgids eksklusief rakende ras en klas, en dus word addisionele variëteite van SAE nie verteenwoordig nie. Alhoewel die OED, as 'n vertroude bron, pogings aangewend het om linguistiese diversiteit aan te spreek, sal meer werk op hierdie gebied verrig moet word. Sleutelwoorde: uitspraak, klem, Wit Suid-Afrikaanse Engels, groot driedeling, eksklusiwiteit, taalhoudings
Gepubliceerd
2023-08-22
Citeerhulp
Baratta, A. (2023). Phonological Inclusion, and Exclusion, Regarding South African English in the Online OED. Lexikos, 33(1), 318-323. https://doi.org/10.5788/33-1-1817
Sectie
Lexikonotas/Lexiconotes