The Language of Ethnic Conflict in English Online Lexicography: Ethnophaulisms in "powered by Oxford" Lexico.com

  • Silvia Pettini Department of Foreign Languages, Literatures and Cultures, Roma Tre University, Rome, Italy

Samenvatting

Die taal van etniese konflik in die Engelse aanlyn leksikografie: Etnofaulisme in die "Oxford-gedrewe" Lexico.com. In hierdie artikel word gepoog om die verhouding tussen die taal van etniese konflik (Allen 1983; Palmore 1962) en die Engelse aanlyn leksikografie soos op hierdie kulturele moment te ondersoek. Gegewe die invloed van die internet op die raadpleging van woordeboeke (Béjoint 2016; Jackson 2017) en die, veral aanlyn, kommerwekkende toename van rassistiese en xenofobiese gevalle op globale vlak in hierdie digitale era (sien Gagliardone et al. 2015), word daar in hierdie artikel 'n loodsstudie aangebied waarin die hantering van etnofaulisme (Roback 1944), waarna meestal verwys word as etniese of rassistiese beledigings, in die "Oxford-gedrewe" woordeboekinhoud, wat deur Oxford University Press gelisensieer is vir gebruik deur tegnologiereuse soos Google, Microsoft, en Apple (Ferrett en Dollinger 2021; Pettini 2021), ondersoek word. Die ontleding fokus spesifiek op die aanlyn weergawe van die Oxford Dictionary of English, soos beskikbaar op die "Oxford-gedrewe" Lexico.com-webtuiste. Voorlopige resultate dui daarop dat hierdie gratis aanlyn woordeboek die taboe- en diskriminerende aard van etnofaulisme weerspieël en die internetgebruiker teen die neerhalende en aanstootlike effek van hierdie woorde waarsku. Sleutelwoorde: Engelse leksikografie, aanlyn woordeboeke, linguistiese rassisme, xenofobie, haatspraak, etniese beledigings, etnofaulisme, Oxford Dictionary of English, lexico.com
Gepubliceerd
2023-08-22
Citeerhulp
Pettini, S. (2023). The Language of Ethnic Conflict in English Online Lexicography: Ethnophaulisms in "powered by Oxford" Lexico.com. Lexikos, 33(1), 299-317. https://doi.org/10.5788/33-1-1816
Sectie
Artikels/Articles