Lexical Analysis of Nautical and Marine Engineering Corpora: Similar or Different Lexicographic Results

  • Zorica Đurović Faculty of Maritime Studies, University of Montenegro, Kotor, Montenegro
  • Milena Dževerdanović-Pejović Faculty of Maritime Studies, University of Montenegro, Kotor, Montenegro

Samenvatting

Die leksikale analise van korpora vir seevaart en skeepsvaartingenieurswese: Ooreenkomstige of uiteenlopende leksikografiese resultate. Engels vir Maritieme Doeleindes sluit 'n verskeidenheid uiteenlopende registers in. Die meeste van die woordeboeke en glossariums word egter toegespits op óf Algemene Maritieme Engels óf Seevaartengels, terwyl ander aspekte van die maritieme bedryf onvoldoende deur gespesialiseerde leksikografiese materiaal gedek word, veral deur formele woordeboeke. Aangesien die hoofklassifikasie rakende die bemanning en operasionele stelsels aan boord 'n skip gekoppel is aan die Dek- en Ingenieursdepartement, het ons gepoog om die ooreenkomste en verskille tussen die tegniese leksikons van die twee gebiede te verken om te bepaal of aparte woordeboeke en glossariums dalk benodig word, en of 'n algemene maritieme woordeboek voldoende sal wees. Om die tegniese leksikons waarop gefokus is, te toets en te vergelyk, het ons hedendaagse korpuslinguistiese metodes en -sagteware gebruik. Die resultate toon beduidende verskille in die kernwoordeskat van die korpora wat vergelyk is. Die bevindings dui ongetwyfeld en weer eens daarop dat spesiale aandag en fokus vereis word wanneer die maritieme leksis geïnterpreteer word, en dui ook daarop dat 'n duidelike onderskeid tussen Engels vir Seevaart- en Engels vir Skeepsvaartingenieurswesedoeleindes getref moet word. Sleutelwoorde: maritieme Engels, seevaartengels, skeepsvaartingenieurswese, korpus, woordeskat, leksis, frekwensie, sleutelwoorde, woordelys, tegniese woordeboek

Biografieën auteurs

Zorica Đurović, Faculty of Maritime Studies, University of Montenegro, Kotor, Montenegro
 
Milena Dževerdanović-Pejović, Faculty of Maritime Studies, University of Montenegro, Kotor, Montenegro
   
Gepubliceerd
2023-08-15
Citeerhulp
Đurović, Z., & Dževerdanović-Pejović, M. (2023). Lexical Analysis of Nautical and Marine Engineering Corpora: Similar or Different Lexicographic Results. Lexikos, 33(1), 255-276. https://doi.org/10.5788/33-1-1814
Sectie
Artikels/Articles