The Treatment of Argument Structure Constructions in Online English Learners' Dictionaries: The Case of V N ADJ ASCs

  • Yongfang Feng School of English Education, Guangdong University of Foreign Studies, Guangzhou, China
  • Hai Xu Centre for Linguistics and Applied Linguistics, Guangdong University of Foreign Studies, Guangzhou, China

Samenvatting

Die leksikografiese hantering van argumentstruk­tuurkon­struk­sies in aanlyn Engelse aanleerderswoordeboeke: Die geval van V N ADJ ASK's. Ten spyte van hul diversiteit en kompleksiteit in struktuur en betekenis is daar nog min navorsing oor die sistematiese voorstelling van argument­struk­tuur­konstruksies (ASK's) in Engelse aanleer­ders­woordeboeke (EAW'e) gedoen. Om hierdie gaping te vul, is daar in hierdie artikel gefokus op die hantering van V N ADJ ASK's in die "Groot Vyf" aanlyn EAW'e teenoor gebruiks­data. Eers is 'n lys van 40 doelwerkwoorde verkry deur twee gebeurlikheidswaardes (d.i. betroubaarheid en kollo­struk­sionele sterkte) met behulp van kollostruksionele analise van V N ADJ ASK's in die Britse Nasio­nale Korpus te gebruik, en daarna is die verwante ASK's ten opsigte van hul makro- en mikro­strukturele voorstelling in geselekteerde woordeboeke ontleed. Daar is bevind dat die meeste EAW'e ASK's belangrik ag, veral die LDOCE, wat frasestatus aan baie van die ASK's toeken. Die han­tering van ASK's in huidige EAW'e is nogtans ontoereikend. Eerstens is die insluiting van ASK's in die meeste EAW'e glad nie voldoende nie. Tweedens is daar in sommige gevalle 'n wanverhou­ding tussen 'n valensiepatroonillustrasie en 'n illustratiewe voorbeeld. Laastens, maar nie die minste nie, is die meeste EAW'e nie konsekwent rakende hul beleid van opname en enkodering van ASK's nie asook nie ten opsigte van die toekenning van frasestatus aan hierdie ASK's nie. Ons doen binne die raam­werk van die gebruiksgebaseerde konstruksiegrammatika enkele voorstelle vir die opti­ma­li­se­ring van die hantering van ASK's aan die hand. Sleutelwoorde: argumentstruktuurkonstruksies, aanlyn Engelse aan­leer­derswoordeboeke, fraseologie, kollostruksionele analise, gebruiks­gebaseerde konstruksiegrammatika

Biografie auteur

Yongfang Feng, School of English Education, Guangdong University of Foreign Studies, Guangzhou, China
Gepubliceerd
2023-07-25
Citeerhulp
Feng, Y., & Xu, H. (2023). The Treatment of Argument Structure Constructions in Online English Learners’ Dictionaries: The Case of V N ADJ ASCs. Lexikos, 33(1), 207-226. https://doi.org/10.5788/33-1-1812
Sectie
Artikels/Articles