Frequency or Keyness?

  • Zorica Đurović Faculty of Maritime Studies Kotor, University of Montenegro, Kotor, Montenegro

Samenvatting

Frekwensie of sleutelstatus? Die moontlikheid om elektroniese korpora sedert die tweede helfte van die laaste eeu saam te stel, het nuwe geleenthede vir woor­deskat­navor­sing geskep. Dit het ook gelei tot die ontwikkeling van 'n reeks rekenaarsag­te­ware-oplossings vir die leksikale ontleding van tekste en die saamstel van woordeskat­lyste vir taal­aan­leerders. In hier­die artikel word die verskille in die samestelling van tegniese woordeskat­lyste volgens hul fre­kwen­sie en sleutelstatus in korpora van Engels vir Spesifieke Doelwitte (ESD) bespreek. Albei krite­ria word in terme van hul voor- en nadele bespreek, asook die moont­likhede van die gerief­lik­ste kombinasie van beide. Laastens is die woordfrekwensielys aangevul met sleutelwoorde om 'n omvattender, maar steeds heel haalbare woordelys te verskaf wat geskik is om 'n tweetalige glossa­rium saam te stel of wat uitgebrei kan word tot 'n woordeboek. Sleutelwoorde: woordelys, frekwensie, sleutelstatus, sleutelwoorde, kor­pus, skeepsingenieurswese, Engels, leksis, woordeskat
Gepubliceerd
2023-06-27
Citeerhulp
Đurović, Z. (2023). Frequency or Keyness?. Lexikos, 33(1), 184-206. https://doi.org/10.5788/33-1-1807
Sectie
Artikels/Articles