Evaluating the Usefulness of the Learning Tools in Monolingual Online Dictionaries for Learners of English: Gauging the Preferences of Polish Students of English

  • Bartosz Ptasznik University of Warmia and Mazury, Olsztyn, Poland

Samenvatting

Die evaluering van die bruikbaarheid van die aanleerders­hulp­mid­dels in eentalige aanlyn woordeboeke vir aanleerders van Engels: Die bepa­ling van die voorkeure van Poolse studente van Engels. Die doel met hierdie ver­slag is tweërlei. Eerstens word die aanleerdershulpmiddels wat in eentalige aanlyn woorde­boeke vir aanleerders van Engels beskikbaar is, beskryf. Tweedens word 'n evaluering van die bruik­baar­heid van die aanleerdershulpmiddels in aanlynwoordeboeke verskaf. Om aan die doel­witte van hier­die bydrae te voldoen, is 'n opname met 318 Poolse studente van Engels gedoen. Die respon­dente, wat deelgeneem het aan 'n lesing gewy aan die onderwerp van aanleerdershulp­mid­dels in aan­lyn woordeboeke, is versoek om 'n vraelys te voltooi. 'n Formaat van gemengde vrae is gebruik. In die eerste deel van die vraelys moes die deelnemers die kenmerke van die Macmillan Dic­tionary op 'n semanties gedifferensieerde skaal van 1–7 plaas. In die tweede deel was daar twee oop vrae. Die studente is versoek om die mees en mins bruikbare aanleerdershulpmiddels van die Mac­millan Dictionary te lys en om redes te gee vir hul keuses. Die resultate dui daarop dat stu­dente met Engels as hoofvak wat aan 'n Poolse universiteit studeer, hoë prioriteit verleen aan die raad­pleeg van aanlyn aanleerdershulpmiddels wat aan hulle waardevolle inligting oor kollokasies, sino­nieme en seman­ties verwante woorde verskaf. Sleutelwoorde: leksikografie, woordeboekgebruik, aanlyn woordeboek, een­talige aanleerderswoordeboek, aanlyn aanleerdershulpmiddels, opname
Gepubliceerd
2023-05-19
Citeerhulp
Ptasznik, B. (2023). Evaluating the Usefulness of the Learning Tools in Monolingual Online Dictionaries for Learners of English: Gauging the Preferences of Polish Students of English. Lexikos, 33(1), 109-124. https://doi.org/10.5788/33-1-1799
Sectie
Leksiko-opname / Lexicosurvey