KIU (Kiswahili–Italiano-UniOr): The UniOr online Dictionary for Italian L1 Swahili Learners

  • Flavia Aiello Department of Asian, African and Mediterranean Studies, University of Naples 'L'Orientale', Italy
  • Rosanna Tramutoli Department of Asian, African and Mediterranean Studies, University of Naples 'L'Orientale', Italy

Samenvatting

KIU (Kiswahili–Italiano-UniOr): Die UniOr aanlyn woorde­boek vir Italiaanse L1-Swahili-aanleerders. KIU is 'n aanlyn tweetalige Swahili–Itali­aanse woordeboek met ongeveer 6000 inskrywings wat hoofsaaklik gerig is op Italiaanse L1-Swa­hili-aan­leer­ders en wat deur die Universiteit van Napels 'L'Orientale' ontwikkel is. Die projek is in 2003 deur M. Toscano van stapel gestuur en is met die samewerking van taal­kun­diges en jong navorsers tot 2009 ontwikkel met die doel om aanlyn leksikale hulpbronne uit Swahili na Italiaans vir aanleerders van die taal aan te bied. Ná 'n lang onderbreking is die werk in 2019 deur die outeurs van hierdie artikel in samewerking met M. Toscano en 'n span kundige IT-tegnici her­vat. Die werk bestaan tans uit die ex novo-ontwikkeling van die woordeboeksagteware wat ver­ou­derd geraak het asook uit 'n herontwerp van sommige leksikografiese kenmerke. In hierdie verslag sal ons aantoon hoe die opgegradeerde weergawe van die woordeboek­sag­te­ware, met inagneming van die stan­daard leksikografiese eienskappe van Swahili–Italiaanse twee­ta­lige woordeboeke, geïmplementeer is met relevante aanleerder-georiënteerde kenmerke. Die woor­deboek verleen waardevolle steun aan L2-aanleerders en is die enigste aanlyn Swahili–Itali­aanse woordeboek wat spesifiek vir universiteitstudente en vir Italiaanse gebruikers oor die alge­meen geskep is. Sleutelwoorde: Swahili, Italiaans, aanlyn woordeboek, aanleerders, lek­si­kografie
Gepubliceerd
2023-05-19
Citeerhulp
Aiello, F., & Tramutoli, R. (2023). KIU (Kiswahili–Italiano-UniOr): The UniOr online Dictionary for Italian L1 Swahili Learners. Lexikos, 33(1), 90-108. https://doi.org/10.5788/33-1-1798
Sectie
Projekte/Projects