The Names of the Balkan Peoples and the Names of the Inhabitants of Balkan Countries in Lexicography (on the Example of the Dictionary of Montenegrin National and Literary Language)

  • Sanja Šubarić Faculty of Philology, University of Montenegro, Nikšić, Montenegro
  • Jovana Đurčević Faculty of Philology, University of Montenegro, Nikšić, Montenegro

Samenvatting

Die benamings van die Balkanvolke en die benamings van die inwoners van die Balkanlande in die leksikografie (met die Dictionary of Montenegrin National and Literary Language as voorbeeld). Die leksikografie is weer­eens 'n voorbeeld van die histories herhalende gebeure in die Balkanlande — vyftig jaar nadat Miloš Moskovljević se Dictionary of Contemporary Serbo-Croatian Literary Language with Lan­guage Manual (1966), verban is, is die verspreiding van die eerste volume van die Dictionary of Montenegrin National and Literary Language (2016) van die Montenegrynse Akademie van Wete­nskap en Kuns weens poli­tieke redes gestaak. Die verteenwoordigers van die Albanese en Bos­niese volke in die Parle­ment van Montenegro het onder andere daarop aangedring dat die Dic­tion­ary of Montenegrin National and Literary Language weens die "beledigende" en "diskriminerende" defi­nisies van die terme Albaniër en Bosniër onttrek word. Dit het weereens getoon dat Balkan-etnonieme en (of) demo­nieme aan­sien­like invloed het op die beskrywings van leksikale materiaal en dat hierdie twee taalelemente tot die situa­sie kan lei waar die politiek die leksikografie die onderspit laat delf. Dit is waarom ons die lek­si­ko­gra­fiese defi­ni­sies van etnonieme en demonieme wat kontroversieel in Mon­te­negro is, hoof­saak­lik van­uit 'n lin­guistiese perspektief sal hanteer. Met hul basis van etniese en burgerlike iden­ti­teit as ver­trek­punt wil ons die moontlikhede van en regverdiging vir die defini­sies van hierdie kon­septe met inag­ne­ming van die groter sosio-politieke struktuur ondersoek. Sleutelwoorde: etnoniem, demoniem, volke, inwoner, Balkan, woor­de­boek, leksikografiese definisie, herdefinisie, etniese identiteit, burgerlike identiteit
Gepubliceerd
2023-05-19
Citeerhulp
Šubarić, S., & Đurčević, J. (2023). The Names of the Balkan Peoples and the Names of the Inhabitants of Balkan Countries in Lexicography (on the Example of the Dictionary of Montenegrin National and Literary Language). Lexikos, 33(1), 68-89. https://doi.org/10.5788/33-1-1797
Sectie
Artikels/Articles