African Englishes in the <i>Oxford English Dictionary</i>

  • Danica Salazar Oxford Languages, Oxford University Press, Oxford, United Kingdom

Samenvatting

Afrika-Engels in die Oxford English Dictionary. In sommige van die onlangse kwartaallikse bywerkings van die Oxford English Dictionary is besonder baie nuwe en her­siene inskrywings uit Suid-Afrikaanse Engels, Nigeriese Engels en Oos-Afrikaanse Engels gepu­bli­seer. Hierdie artikel is 'n gedetailleerde bespreking van die redaksionele werk agter hierdie bywer­kings vir Afrika-variëteite van Engels waarvoor die OED tans poog om wyer dekking aan elkeen se ken­merkende woordeskatte te verleen. Hier word uiteengesit hoe woorde vir insluiting gese­lekteer word, hoe nuwe inskrywings nagevors en gedefinieer word, hoe nuwe bronne van teks­tu­ele bewys soos die sosiale media die OED-redakteurs groter insig in Afrika-Engels gee, en hoe die woorde­boek se Afrika-adviseurs en -gebruikers daartoe bydra om die akku­raat­heid en geloof­waar­digheid van die OED se definisies, etimologieë, uitspraakaanduidings en aan­halings­bewysmateriaal te verse­ker. Die artikel plaas ook klem op 'n groep Afrika-woorde en -frases wat onlangs toegevoeg is tot of her­sien is in die OED, waarvan almal die verskillende vorme van leksi­kale vernuwing toon wat die ken­merkende woordeskatte van Afrika-Engels vorm. Sleutelwoorde: Oxford English Dictionary, historiese leksikografie, Afrika-Engels, Oos-Afrikaanse Engels, Suid-Afrikaanse Engels, Wes-Afrikaanse Engels, Nigeriese Engels
Gepubliceerd
2023-04-15
Citeerhulp
Salazar, D. (2023). African Englishes in the <i>Oxford English Dictionary</i&gt;. Lexikos, 33(1), 24-40. https://doi.org/10.5788/33-1-1774
Sectie
Projekte/Projects