Synonymy from a Prototype Theory Perspective and its Symbiosis with Polysemy: Towards a New Dictionary of Synonyms

  • Ana Halas Popović Department of English Studies, Faculty of Philosophy, University of Novi Sad, Novi Sad, Serbia

Samenvatting

Sinonimie vanuit 'n prototipeteorie-perspektief en die sim­biose daarvan met polisemie: Op pad na 'n nuwe sinoniemwoordeboek. In hier­die artikel word 'n poging wat aangewend is om 'n model vir omvattende, eksakte en siste­ma­tiese voorstelling van 'n woord se sinonimie binne 'n woordeboekinskrywing daar te stel, veral by hoogs polisemiese woorde, bekend gestel. Dit is gebaseer op die komplementariteit van polisemie en sinonimie en 'n prototipegebaseerde siening van die laasgenoemde leksikale verwantskap. Die voor­gestelde model word uiteengesit in vier stappe waarin 'n inskrywing in 'n nuwe sino­niem­woordeboek aangepas word: die analise van 'n woord se polisemiese struktuur, die samestelling van 'n woord se sinoniemstelle gesien as prototipegebaseerde kategorieë, die definiëring van sinonieme binne 'n stel en die strukturing en organisering van 'n individuele sinoniemstel en die volledige inskry­wing. Volgens die model word die omvattendheid van sinoniemaanbieding daarin gereflekteer dat 'n inskrywing sinoniemstelle lys wat ooreenstem met verskillende betekenisse van die gegewe lemma sowel as in die tendens van elke stel om 'n wye reeks sinonieme te vertoon. Kon­se­kwentheid en akkuraatheid in sinoniemvoorstelling word hoofsaaklik verkry deur die toe­pas­sing van prototipegebaseerde beginsels op die strukturing en organisering van sinoniemstelle en die defi­niëring van sinonieme. Die model ontsluit ook die moontlikheid van 'n deursigtige diagram­gebaseerde visuele voorstelling van 'n woord se sinonimie in 'n elektroniese woordeboek wat 'n geriefliker visuele samestelling van groot hoeveelhede inligting aanbied. Sleutelwoorde: polisemie, sinonimie, simbiose, komplementariteit, proto­tipe­teorie, model, woordeboekinskrywing, sinoniemstel, betekenisdefi­nië­ring, inskrywingstruktuur
Gepubliceerd
2023-04-15
Citeerhulp
Halas Popović, A. (2023). Synonymy from a Prototype Theory Perspective and its Symbiosis with Polysemy: Towards a New Dictionary of Synonyms. Lexikos, 33(1), 1-23. https://doi.org/10.5788/33-1-1773
Sectie
Artikels/Articles