Who is Sharpest at Looking Up <sup>sharp</sup>? Comparing Two Parallel Groups of Dictionary Users

  • Marjeta Vrbinc Faculty of Arts, University of Ljubljana, Slovenia
  • Donna M.T.Cr. Farina Department of Multicultural Education, New Jersey City University, New Jersey, USA
  • Alenka Vrbinc School of Economics and Business, University of Ljubljana, Slovenia

Samenvatting

Wie is die skerpsinnigste in die naslaan van skerp? Die vergelyking van twee parallelle groepe woordeboekgebruikers. Hierdie artikel is 'n vergelyking van twee vorige navorsingstudies (Farina et al. 2019; Vrbinc et al. ter perse) waarin die woordeboeknaslaangedrag van twee heeltemal verskillende groepe voorgraadse studente van die Universiteit van Ljubljana, Slowenië ondersoek is. Ten tyde van die uitvoer van die twee oorspronklike en parallelle woordeboeknaslaanstudies het een groep studente in besigheidstudies en ekonomie aan die Ekonomie- en Sakeskool gespesialiseer en die ander groep in Engels aan die Fakulteit Lettere. Die voorheen gepubliseerde studies doen verslag oor hoe, in beide groepe, aan deelnemers nege kontekste gegee is wat 'n duidelik gemerkte algemene Engelse woord wat in 'n ongewone en dikwels onbekende betekenis gebruik is, bevat; hulle moes die relevante betekenis binne 'n gegewe konteks in 'n aanleerderswoordeboek wat onbekend aan hulle was, The Britannica Dictionary, bepaal. Die deelnemers is gevra om hardop te dink terwyl hulle woorde naslaan; die navorsers het hul benaderings en probleme waargeneem en aangeteken. Voor, tydens en ná die naslaanproses het die lede van die twee groepe veertien vrae oor hul woordeboekgebruiksgewoontes en waarnemings van die bruikbaarheid en kwaliteit van definisies en illustratiewe voorbeelde wat hulle teëgekom het, beantwoord. Hierdie artikel waarin die twee studies gekontrasteer word, dui daarop dat die naslaanvaardighede van die twee groepe beduidend van mekaar verskil. Sleutelwoorde: woordeboekgebruiker, gevorderde aanleerder van Engels, aanleerderswoordeboek, woordeboekbewustheid, naslaangedrag, kwaliteit van definisie, kwaliteit van voorbeelde
Gepubliceerd
2022-11-23
Citeerhulp
Vrbinc, M., Farina, D. M., & Vrbinc, A. (2022). Who is Sharpest at Looking Up <sup>sharp</sup&gt;? Comparing Two Parallel Groups of Dictionary Users. Lexikos, 32(1), 368-391. https://doi.org/10.5788/32-1-1750
Sectie
Artikels/Articles