A Comparative Analysis of Piotr Borkowski's (1963) and Roman Gajda's (1970) English–Polish Phraseological Dictionaries: Practice vs. Theory

  • Mirosława Podhajecka Institute of Linguistics, University of Opole, Poland

Samenvatting

'n Vergelykende analise van die Engels—Poolse fraseologiese woordeboeke van Piotr Borkowski (1963) en Roman Gajda (1970): Praktyk vs. teorie. Hierdie artikel bied 'n perspektief op die kort en grootliks onbekende geskiedenis van die Engels–Poolse en Pools–Engelse fraseologiese leksikografie. Daar word gestreef om vanuit 'n kwalitatiewe en kwantitatiewe beskouing twee ná-oorlogse Engels–Poolse fraseologiese woordeboeke, An English–Polish Dictionary of Idioms and Phrases (1963) deur Piotr Borkowski en Wybór idiomów angielskich [A Selection of English Idioms] (1970) deur Roman Gajda, te analiseer. By die eerste aanblik kom dit voor asof hulle, as beide eenrigting- Engels–Poolse woordeboeke van soortgelyke grootte, sekere kenmerke deel; albei is gerig op Poolse leerders van Engels; en albei maak (sterk) gebruik van The Kosciuszko Foundation Dictionary: English–Polish (1959), 'n uitgebreide naslaanwerk wat ten tyde van die samestelling van hierdie woordeboeke beskikbaar was. By nadere ondersoek blyk dit egter duidelik dat daar merkbare verskille tussen die twee bestaan, nie net in die inhoud van die woordeboeke nie, maar ook in die outeurs se sienings van die fraseologie. Hierdie gevallestudie word voorafgegaan deur teoretiese oorwegings rakende die aard van vergelykende analises in die (meta)leksikografiese diskoers. Die gevolgtrekkings waartoe gekom word, word deels op die praktiese en deels op die teoretiese bevindings gebaseer. Sleutelwoorde: woordeboek, Pools, Engels, fraseologie, meerwoordige uitdrukking, idioom, ekwivalent, vergelykende (meta)leksikografie, sosiokulturele (meta)leksikografie
Gepubliceerd
2022-11-17
Citeerhulp
Podhajecka, M. (2022). A Comparative Analysis of Piotr Borkowski’s (1963) and Roman Gajda’s (1970) English–Polish Phraseological Dictionaries: Practice vs. Theory. Lexikos, 32(1), 326-356. https://doi.org/10.5788/32-1-1746
Sectie
Artikels/Articles