How Great is thy Dictionary? Cross-referencing as a Lexicographic Device in <i>The Greater Dictionary of (isi)Xhosa</i>

  • Dion Nkomo School of Languages and Literatures: African Language Studies, Rhodes University, Makhanda (Grahamstown), South Africa
  • Bulelwa Nosilela School of Languages and Literatures: African Language Studies, Rhodes University, Makhanda (Grahamstown), South Africa
  • Wanga Gambushe School of Languages and Literature: University of Cape Town, Cape Town, South Africa

Samenvatting

Hoe goed is die woordeboek (werklik)? Kruisverwysing as 'n leksikografiese tegniek in The Greater Dictionary of (isi)Xhosa. Geïnspireer deur Willem Botha se gedagtes oor die samestelling van die meerdelige Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) in Botha (1994; 2005), word daar in hierdie artikel 'n kritiese evaluering van kruisverwysing in The Greater Dictionary of (isi)Xhosa, voortaan die GDX, aangebied. Die GDX is 'n driedelige woordeboek, waarskynlik die grootste woordeboek, nie slegs in isiXhosa nie, maar ook in die Afrikatale. Die evaluering van die woordeboek word bepaal deur die invalshoek kruisverwysingsvoorwaardes of -voorvereistes om kruisverwysings wat in die GDX gebruik word, te identifiseer, om verwantskappe wat deur kruisverwysings blootgelê word, te analiseer en deur die effektiwiteit van die algehele mediostrukturele samestelling van die woordeboek. In die artikel word aangedui dat kruisverwysing in die GDX klaarblyklik bepaal word deur 'n algemene goedontwikkelde stel riglyne wat meestal nougeset gevolg is. Gewoonlik geld konsekwentheid in die hantering van soortgelyke leksikale items en selfs oor die verskillende volumes van die woordeboek. Sommige aspekte rakende kruisverwysing wat verbeter kan word, word geïdentifiseer. Daar word egter aangedui dat die meeste van hierdie aspekte maklik in die toekomstige digitaliseringsprojek van die GDX aangespreek kan word. Sleutelwoorde: kruisverwysing, maak van kruisverwysings, voorwaardes vir kruisverwysing, voorvereistes vir kruisverwysing, dataverspreidingstruktuur, woordeboekstruktuur, isiXhosa-leksikografie, mediostruktuur
Gepubliceerd
2022-12-07
Citeerhulp
Nkomo, D., Nosilela, B., & Gambushe, W. (2022). How Great is thy Dictionary? Cross-referencing as a Lexicographic Device in <i>The Greater Dictionary of (isi)Xhosa</i&gt;. Lexikos, 32(3), 166-190. https://doi.org/10.5788/32-3-1736