How School Dictionaries Treat Human Reproductive Organs, and Recommendations for South African Primary School Dictionaries

  • Lorna Hiles Morris Department of Afrikaans and Dutch, Stellenbosch University, Stellenbosch, South Africa

Samenvatting

Die hantering van die menslike voortplantingsorgane in skoolwoordeboeke, en aanbevelings vir Suid-Afrikaanse primêreskoolwoordeboeke. Hierdie artikel is 'n loodsstudie wat die opsies vir die hantering van menslike voortplantingsorgane in primêreskoolwoordeboeke in Suid-Afrika ondersoek, met besondere aandag aan illustrasies. Die noodsaak vir hierdie studie het duidelik geword tydens navorsing oor die ontwerp van 'n elektroniese skoolwoordeboek waar sommige leerlinge hul kommer oor jonger kinders wat blootgestel word aan "onvanpaste" illstrasies in skoolwoordeboeke, uitgespreek het. Die artikel word binne die Suid-Afrikaanse konteks geplaas en daar word daarop gewys dat dit weens die verskillende kulture wat verteenwoordig word, 'n sensitiewe en relevante onderwerp in Suid-Afrika is. Daar word aangetoon hoe Suid-Afrikaanse skoolwoordeboeke hierdie woorde tans hanteer, en daar word ondersoek of hulle op ander maniere hanteer behoort te word. Die studie sluit onderhoude met primêreskoolonderwysers en -ouers in, en bevat beskrywings van bestaande skoolwoordeboekinskrywings, in elektroniese sowel as gedrukte formaat. Literatuur rakende die volgende aspekte word gedek: taboeonderwerpe in woordeboeke, kulturele aspekte van seksopvoeding in Suid-Afrika, en seksopvoeding in primêre skole wêreldwyd. Die artikel sal aantoon waarom dit belangrik is om hierdie terme in 'n skoolwoordeboek op 'n duidelike en ondubbelsinnige manier te hanteer, al veroorsaak dit moontlike ongemak vir sommige gebruikers. Daar word afgesluit met aanbevelings vir die hantering van die menslike voortplantingsorgane in primêre skole, asook aanbevelings vir verdere navorsing op hierdie gebied. Sleutelwoorde: kultuur, menslike voortplantingsorgane, pedagogiese leksikografie, primÊreskoolwoordeboeke, skoolwoordeboek, seksorgane, geslagsopvoeding, taboes
Gepubliceerd
2022-12-07
Citeerhulp
Hiles Morris, L. (2022). How School Dictionaries Treat Human Reproductive Organs, and Recommendations for South African Primary School Dictionaries. Lexikos, 32(3), 123-143. Geraadpleegd van https://lexikos.journals.ac.za/pub/article/view/1734