Ruimtelike en temporele leksikografiese deiktiese verankering
Samenvatting
In hierdie bydrae word daar eerstens aandag gegee aan deiksis as 'n verskynsel in die semantiek. Die oordrag van deiksis na die leksikografie word bespreek en die verskynsel van leksikografiese deiktiese verankering word aan die orde gestel. Dit word aangetoon dat hierdie verankering op verskillende maniere gedoen kan word. Leksikograwe moet telkens besluit hoe hierdie proses ten beste in 'n bepaalde woordeboek uitgevoer moet word. Verskillende tipes tekssegmente kan gebruik word om deiktiese verankering te bewerkstellig en die optrede van tekssegmente soos aanduiders, aanduidersimbole en aanduiderdele word kortliks bespreek. Die hooffokus is op ruimtelike en temporele leksikografiese deiktiese verankering. Verskillende deiktiese merkers en verankeringsprosedures word bespreek. Daar word aangetoon dat woordeboeke hier naas enkelaanduiders ook soms aanduiderkomplekse gebruik en dat die aanduiderkomplekse 'n eenvormige of 'n hibriedeformaat kan hê. Daar word voorgestel dat suksesvolle deiktiese verankering dikwels vereis dat woordeboeke 'n primêre verankeringsprosedure moet aanvul met sekondêre verankering. Deiktiese verankering word as 'n veelfasige proses beskryf. Die bespreking word deurgaans aan die hand van opgetekende woordeboekvoorbeelde gedoen. Op grond van die bevindinge in die besprekinge word voorstelle aan die hand gedoen vir verbeterde prosedures van deiktiese verankering. Sleutelwoorde: aanduidersimbool, deiktiese verankering, hibriede-aanduiderkompleks, internuitgebreide aanduider, leksikografiese deiksis, leksikografiese deiktiese sentrum, leksikografiese etikette, neologismes, primêre deiktiese aanduider, rudimentêre deiktiese verankering, sekondêre deiktiese aanduider
Gepubliceerd
2022-12-07
Citeerhulp
Gouws, R. H. (2022). Ruimtelike en temporele leksikografiese deiktiese verankering. Lexikos, 32(3), 95-122. https://doi.org/10.5788/32-3-1733
Sectie
Artikels/Articles
Outeursreg op alle materiaal wat in Lexikos gepubliseer is, berus by die Direksie van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Dit staan skrywers egter vry om hulle materiaal elders te gebruik mits Lexikos (AFRILEX-reeks) erken word as die oorspronklike publikasiebron.