Aspekte van vernuwing in die Afrikaanse leksikografie: Standaard- en pedagogiese woordeboeke as barometer

  • Herman L. Beyer Skool vir Geesteswetenskappe, die Gemeenskap en Ontwikkeling, Universiteit van Namibië, Windhoek, Namibië, en Departement Afrikaans en Nederlands, Universiteit Stellenbosch, Stellenbosch, Suid-Afrika
  • Phillip A. Louw Oxford University Press Southern Africa, Kaapstad, Suid-Afrika

Samenvatting

Die doel van hierdie bydrae is om 'n oorsig te bied op die areas van grootste vernuwing in die Afrikaanse leksikografie oor die afgelope twee dekades, met spesifieke verwysing na standaard- en pedagogiese woordeboeke, aangesien dít die tipologiese klasse is waarin die meeste vooruitgang te bespeur is. Daar sal egter ook na ander woordeboeksoorte en kontekste verwys word waar dit relevant is vir die bespreking. Eerstens sal kortliks na die huidige stand van sake in die Afrikaanse leksikografie gekyk word, in terme van bestaande leksikografiese produkte. Tweedens word enkele opmerkings aangebied oor die professionalisering van die Afrikaanse leksikografie — 'n onderwerp wat nog nie eintlik aandag in metaleksikografiese ondersoek geniet het nie. Die rol van die Buro van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal en die kommersiële woordeboekuitgewers word ook uitgelig. Daarna word kommentaar gelewer op sekondêre en spesifieke leksikografiese prosesse, met verwysing na korpusleksikografie en lemmaseleksie, makrostrukturele vernuwing, en mikrostrukturele vernuwing. Die bespreking van mikrostrukturele vernuwing sluit in geïntegreerde mikrostrukture in vertalende woordeboeke, leksikografiese definisies in verklarende woordeboeke, koteksinskrywings, en aspekte van grammatikale data. Die stand van sake van en 'n toekomsblik op die Afrikaanse e-leksikografie word ook aangeraak. Laastens sal enkele opmerkings oor spesiale woordeboeke gemaak word. Sleutelwoorde: e-leksikografie, kommersiële leksikografie, korpusleksikografie, leksikografiese definisie, makrostruktuur, mikrostruktuur, pedagogiese leksikografie, skoolwoordeboek, verklarende woordeboek, vertalende woordeboek
Gepubliceerd
2022-12-07
Citeerhulp
Beyer, H. L., & Louw, P. A. (2022). Aspekte van vernuwing in die Afrikaanse leksikografie: Standaard- en pedagogiese woordeboeke as barometer. Lexikos, 32(3), 25-48. https://doi.org/10.5788/32-3-1730