The Influence of Grammatical Gender on the Sequence of Near-synonyms in Serbian Dictionaries in Contrast to English Thesauri

  • Dragana Čarapić Faculty of Philology, University of Montenegro, Nikšić, Montenegro

Samenvatting

Die invloed van grammatikale gender op die opeenvolging van ampersinonieme in Serwiese woordeboeke in teenstelling met Engelse tesourusse. Daar is opgemerk dat Serwiese sinoniemwoordeboeke nie 'n duidelike insig verskaf in die leksikale verwantskappe tussen die woorde wat soortgelyke betekenisse dra nie (Prćić 2010). Daarom het ons die veelvlakkige benadering tot die navorsing gevolg wat die kollokasionele, komponensiële, en kontrastiewe analise van die deskriptiewe adjektiewe hrabar, -a, -o, in Serwies, en die Engelse ekwivalent daarvan, brave, inkorporeer. Spesifieke klem is geplaas op die aanwesigheid van grammatikale gender (manlik, vroulik, onsydig) in Serwies in teenstelling met natuurlike gender in Engels. Elektroniese databasisse en elektroniese korpora word vir die analise van die mees frekwente kollokasionele raamwerk van die gekose voorbeelde gebruik. Die resultate van die navorsing wat gedoen is, illustreer hoe semantiese (en grammatikale) aspekte van woorde op en binne hul kollokasionele reeks gereflekteer word wat dui op die idiomatiese betekenis van die adjektiewe wat in albei tale geanaliseer is. Verder het die analise wat uitgevoer is, getoon dat die mees frekwente kollokasies van die adjektief hrabar, -a, -o, weens die geïmpliseerde grammatikale gender (manlik, vroulik, onsydig), asook die opeenvolging van die ampersinonieme, gevarieer het. As gevolg van die afwesigheid van grammatikale gender het soortgelyke veranderings nie in Engels voorgekom nie. Sleutelwoorde: ampersinonieme, deskriptiewe adjektiewe, kollokasionele analise, komponensiËle analise, kontrastiewe analise
Gepubliceerd
2022-10-19
Citeerhulp
Čarapić, D. (2022). The Influence of Grammatical Gender on the Sequence of Near-synonyms in Serbian Dictionaries in Contrast to English Thesauri. Lexikos, 32(1), 272-300. https://doi.org/10.5788/32-1-1727
Sectie
Artikels/Articles