Stigmatised Dictionaries Housing a Stigmatised Variety of English: The Use of Korean English Online Dictionaries as a Teaching Tool within the EFL Classroom
Samenvatting
Gestigmatiseerde woordeboeke bevat 'n gestigmatiseerde variasie van Engels: Die gebruik van aanlyn woordeboeke van Koreaanse Engels as onderrighulpmiddel in die EVT-klaskamer. In hierdie artikel word daar op die praktykgefokus: Daar word uiteengesit hoe aanlyn woordeboeke as pedagogiese hulpmiddels vir onderwysers in die Engels-as-Vreemde Taal- (EVT)-klaskamer gebruik kan word. Aanlyn woordeboeke wat oor die algemeen geskep word deur 'leke', en nie professionele leksikograwe nie, word bespreek, en die tersaaklike woordeskat het betrekking op die uitbreidende kring van Engels, soos dié wat verbind word met die Verre Ooste, met Koreaanse Engels wat hier aangebied word as verteenwoordigend van hierdie kring. Aanlyn woordeboeke, veral die soorte wat hier beskryf word, word egter dikwels, gebaseer op oordele rakende hul akkuraatheid en weens die gebrek aan prestige aangesien hulle nie saamgestel word deur professionele leksikograwe nie, as negatief beskou. Boonop word die variëteite van Engels wat buite die konteks van die standaard binnekring variëteite (bv. Amerikaanse Engels) val, dikwels beskou as onjuis en/of minderwaardig aan die standaard variëteit wat deur moedertaalsprekers van Engels gebruik word. Die standaard binnekring-variëteit word inderdaad dikwels beskou as die standaard. In hierdie artikel word daar egter gepoog om te demonstreer hoe beide aanlyn woordeboeke en die uitbreidende kring van Engels in die EVT-klaskamer 'n rol kan speel. Sodoende kan wyer kwessies rakende linguistiese vooroordeel en oorheersing aangespreek word om 'n meer gelyke benadering tot taal te verskaf wat die aanlyn samestelling daarvan kan insluit. Sleutelwoorde: aanlyn woordeboeke, standaard Engels, binnekring Engels, nie-binnekring Engels (NBKE), uitbreidende kring van Engels, Koreaanse Engels, interkulturele kommunikasie, vertaling
Gepubliceerd
2022-10-19
Citeerhulp
Baratta, A. (2022). Stigmatised Dictionaries Housing a Stigmatised Variety of English: The Use of Korean English Online Dictionaries as a Teaching Tool within the EFL Classroom. Lexikos, 32(1), 250-271. https://doi.org/10.5788/32-1-1726
Nummer
Sectie
Artikels/Articles
Outeursreg op alle materiaal wat in Lexikos gepubliseer is, berus by die Direksie van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Dit staan skrywers egter vry om hulle materiaal elders te gebruik mits Lexikos (AFRILEX-reeks) erken word as die oorspronklike publikasiebron.