An Investigation of Corpus Contributions to Lexicographic Challenges over the Past Ten Years

  • Esra M. Abdelzaher University of Debrecen, Doctoral School of Linguistics; and University of Debrecen, Institute of English and American Studies, Hungary

Samenvatting

'n Ondersoek na die bydrae wat korpusse oor die afgelope tien jaar tot leksikografiese uitdagings gemaak het. Hierdie studie ondersoek die rol van die kor­pus­linguistiek in die benadering tot leksikografiese uitdagings oor die afgelope tien jaar. Dit onder­soek 25 studies wat vanaf 2012 tot 2021 gepubliseer is. Uitdagende take is óf relevant tot die makro­struktuur óf tot die mikrostruktuur van woordeboeke. In die afgelope dekade het leksiko­grawe uitgebreid gebruik gemaak van korpusgereedskap om woordeboeke te skep en bestaandes te verbeter. Dit het die samestelling van algemene en gespesialiseerde lemmalyste, die identifise­ring van idioomvariasies, die bepaling van kollokasionele patrone, die identifisering en ordening van woordbetekenisse en die onderskeiding van polisemiese woorde en ampersinomieme inge­sluit. Frekwensie, sleutelwoordonttrekking en woordbeskrywings is van die mees effektiewe hulp­mid­dels vir leksikograwe. Volgens die studies wat ondersoek is, kan byna alle woorde­boeke baat by kor­pus­gereedskap op makro- sowel as mikrostruktuurvlakke. Sleutelwoorde: toegangstruktuur, korpusgereedskap, kollokasionele ana­lise, leksikografiese uitdagings, mikrostruktuur, makrostruktuur, betekenisomskrywing, gespesialiseerde woordeboeke, term-onttrekking
Gepubliceerd
2022-08-24
Citeerhulp
Abdelzaher, E. M. (2022). An Investigation of Corpus Contributions to Lexicographic Challenges over the Past Ten Years. Lexikos, 32(1), 162-179. https://doi.org/10.5788/32-1-1714
Sectie
Artikels/Articles