Corpus-based Headword Selection Procedures for LSP Word Lists and LSP Dictionaries

  • Milica Vuković-Stamatović Faculty of Philology, University of Montenegro, Nikšić, Montenegro
  • Branka Živković Faculty of Philology, University of Montenegro, Nikšić, Montenegro

Samenvatting

Korpusgebaseerde lemmaseleksieprosedures vir TSD-woor­de­lyste en -woordeboeke. In die samestelling van beide Taal vir Spesifieke Doeleindes-(TSD-)woor­delyste vir vreemdetaalleerders en TSD-woordeboeke is die lemmaseleksieproses van kardinale belang. TSD-woordelyste en TSD-woordeboeke sal effektief funksioneer indien hulle toepaslike terme en registeritems, m.a.w. die leksikale items wat eindgebruikers benodig, bevat. In hierdie arti­kel word korpusgebaseerde TSD-woordelyste eerste bespreek, met besondere klem op hul same­stel­ling. In hierdie proses is die samestelling en grootte van die gespesialiseerde korpus, asook die keuse van die lemmaseleksiemetodes wat gebruik word, belangrik. Onder die moontlike krite­ria is woord­frekwensie, sleutelstatus, gespesialiseerde voorkoms, omvang en verspreiding, asook enkele nie-korpus-linguistiese metodes wat minder gereeld toegepas word. 'n Groter verskeiden­heid meto­des is gebruik vir die samestelling van lemmalyste vir TSD-woordeboeke, en van die korpus­linguistiese metodes is slegs frekwensie tipies toegepas. Lemmaseleksieprosedures vir TSD-woor­de­lyste en TSD-woordeboeke word in die artikel vergelyk voordat daar bespreek word hoe hulle mekaar wedersyds van inligting kan voorsien. Sleutelwoorde: taal vir spesifieke doeleindes, TSD-woordelys, TSD-woor­de­boek, korpuslinguistiek, lemmalys, terme, lemma­seleksie
Gepubliceerd
2022-08-22
Citeerhulp
Vuković-Stamatović, M., & Živković, B. (2022). Corpus-based Headword Selection Procedures for LSP Word Lists and LSP Dictionaries. Lexikos, 32(1), 141-161. https://doi.org/10.5788/32-1-1713
Sectie
Artikels/Articles