The Mental Lexicon in Lexicography: The <i>Diccionarios Valladolid-UVa</i>

  • Pedro A. Fuertes-Olivera Department of Afrikaans and Dutch, University of Stellenbosch, South Africa; International Centre for Lexicography, University of Valladolid, Spain; and Centre of Excellence in Language Technology, Ordbogen A/S, Odense, Denmark

Samenvatting

Die kognitiewe leksikon in die leksikografie: Die Diccionarios Valladolid-UVa. Hierdie artikel analiseer die moontlikheid om woordeboeke wat die kogni­tiewe leksikon in ag neem, te skep, m.a.w. woorde funksioneer nie in isolasie nie; inteendeel, hulle is dinamiese konsepte wat geleidelik geaktiveer, gestoor, geprosesseer en onttrek word. Met hier­die doel in gedagte word verskeie algemene leksikografiese en metodologiese idees aangebied en geïllustreer deur na hul toepassing in die Diccionarios Valladolid-UVa te verwys: (a) woordeboek­tipes behoort tot die verlede; (b) woorde is nie net holistiese prdukte nie, maar ook prosesse wat gedurig beweeg; gevolglik moet hul beskrywings in woordeboeke so volledig en presies moontlik wees; (c) woordeboeke moet toegerus word met dinamiese soekstelsels, bv. stelsels wat soektogte en onttrekkings deur menslike en masjien-gebruikers a la carte toelaat soos in 'n gespreksituasie; (d) daar moet 'n groot aantal woorde en ander datatipes vir die beskrywing van elke betekenis en gebruik van 'n lemma wees om sodoende die skep van patrone en die aanleerproses wat met Kuns­ma­tige Intelligensie (KI) geassosieer word, te steun; (e) die ontwerp en skep van aanlyn woorde­boeke is 'n koöperatiewe proses waaraan leksikograwe en verskeie soorte kundiges moet deel­neem;  (f) die hooftaak van leksikograwe is die voorbereiding van leksikografiese data, wat in baie ver­skil­lende vorms, formate en toepassings gebruik kan word, met die skep van woordeboeke as een daarvan. Sleutelwoorde: e-leksikografie, kunsmatige intelligensie, kognitiewe leksi­kon, woorde as produkte, woorde as prosesse, leksikografiese metodologie
Gepubliceerd
2022-08-12
Citeerhulp
Fuertes-Olivera, P. A. (2022). The Mental Lexicon in Lexicography: The <i>Diccionarios Valladolid-UVa</i&gt;. Lexikos, 32(1), 118-140. https://doi.org/10.5788/32-1-1712
Sectie
Artikels/Articles