Differentiated Treatment of Cultural Items in Lexicographical Products: A Necessary Adaptation to the Digital Environment

  • Qian Li Centre for Lexicographical Studies, Guangdong University of Foreign Studies, China
  • Sven Tarp Centre for Lexicographical Studies, Guangdong University of Foreign Studies, China; Department of Afrikaans and Dutch, Stellenbosch University, South Africa; and Centre for Lexicography, Aarhus University, Denmark

Samenvatting

Die gedifferensieerde hantering van kulturele items in leksi­ko­grafiese produkte: 'n Noodsaaklike aanpassing by die digitale omgewing. In hierdie artikel word daar op die leksikografiese hantering van kultuurobjekte gefokus. Daar word aangevoer dat die aanleer van 'n tweede taal die aanleer van 'n tweede kultuur vereis en dat digitale tegnologie nuwe oplossings vir beide ou en en nuwe uitdagings vra. As voorbeeld word tradi­sionele musiekinstrumente gebruik en daar word eerstens 'n kritiese analise van hul hantering in vyf Chinees–Engelse woordeboeke vir beide vreemdetaalleerders en moedertaalsprekers gedoen. Daarna word verslag gedoen oor mediakonvergensie en die gevolge daarvan vir die leksi­ko­grafie, en die gevolgtrekking word gemaak dat die universeel-geskikte woor­de­boek met 'n ver­skei­denheid leksikografiese produkte op verskillende platforms ver­vang moet word. Daarom moet die fokus van die leksikograaf verskuif van die woordeboek na die data­basis wat hierdie produkte onder­steun. Dit lei tot 'n bespreking van ekwivalente en ver­kla­rende tipes en die behoefte daaraan om vier verskillende databasisvelde vir ekwivalente en twee vir verklarings te skep. Ter illlustrasie word 'n leksikografiese databasis met ekwiva­lente, verklarings, en ander tipe kultuurrelevante items aangebied. Daarna word 'n paar voor­beelde gebruik om aan te toon hoe hierdie leksiko­gra­fiese items wat in die databasis gestoor word, selektief op verskillende plat­forms gebruik kan word en vir spesifieke gebruikersbehoeftes aange­pas kan word. Hierdie artikel is direk gekoppel aan klank­lêers en videogrepe van die bespreekte instrumente. Laastens verskaf die artikel 'n paar gevolg­trekkings en perspektiewe om die kulturele dimensie van aanleerders­leksi­kografie te ver­beter. Sleutelwoorde: mediakonvergensie, Chinees–Engelse woordeboeke, aan­leer­ders­woordeboeke, e-lesers, digitale toestelle, leksikografiese data­basisse, ekwivalente tipes, verklarende tipes, kulturele items

Biografie auteur

Qian Li, Centre for Lexicographical Studies, Guangdong University of Foreign Studies, China
 
Gepubliceerd
2022-07-22
Citeerhulp
Li, Q., & Tarp, S. (2022). Differentiated Treatment of Cultural Items in Lexicographical Products: A Necessary Adaptation to the Digital Environment. Lexikos, 32(1), 90-117. https://doi.org/10.5788/32-1-1706
Sectie
Artikels/Articles