A Lexicographical Perspective to Intentional and Incidental Learning: Approaching an Old Question from a New Angle

  • Sven Tarp Centre for Lexicographical Studies, Guangdong University of Foreign Studies, China; Department of Afrikaans and Dutch, Stellenbosch University, South Africa; International Centre for Lexicography, Valladolid University, Spain; Centre of Excellence in Language Technology, Ordbogen A/S, Denmark, and Centre for Lexicography, Aarhus University, Denmark

Samenvatting

'n Leksikografiese perspektief op doelbewuste en toevallige leer: 'n Ou vraagstuk word vanuit 'n nuwe invalshoek benader. Die aanleer van 'n tweede taal is 'n komplekse proses waarin teksresepsie (lees, luister) en teksproduksie (skryf, praat) gekombineer word. Die Toegepaste linguistiek onderskei gewoonlik tussen doelbewuste en toe­val­lige leer. Die akademiese literatuur bevat verskeie definisies van hierdie konsepte, veral met betrek­king tot lees. In hierdie artikel word L2-leer vanuit 'n leksikografiese perspektief verken, en die twee terme word, geba­seer op parameters soos vloei, fokus, en onderbreking, geherdefinieer. Dan word daar gefokus op digitale woordeboeke wat in e-lesers, aanleerdertoepassings en skryf­hulp­middels geïntegreer is, en daar word geargumenteer dat hierdie integrasie tot dusver weens 'n aan­tal negatiewe faktore nie besonder suksesvol was nie. As alternatief verskaf hierdie artikel voor­beelde van hoe leksikografiese data gefilter en in opwipvensters tot voordeel van beide toevallige en doelbewuste leer aangebied kan word. Eersgenoemde vereis onmiddellike, gekontekstuali­seerde, en diskrete ondersteuning met 'n absolute minimum leksikografiese data, ter­wyl laasge­noemde mak­like toegang tot relevante addisionele data voorveronderstel. Laastens word teg­nieke en teg­no­lo­gieë wat vereis word om die sukses van hierdie benadering te waarborg, bespreek. Sleutelwoorde: toevallige leer, doelbewuste leer, geïntegreerde woorde­boeke, e-lesers, e-leeshulpmiddels, aanleerderstoepassings, skryfhulpmid­dels, intuïtiewe gebruik, konteksbewustheid, leksikografiese konteks­tua­li­sering
Gepubliceerd
2022-07-11
Citeerhulp
Tarp, S. (2022). A Lexicographical Perspective to Intentional and Incidental Learning: Approaching an Old Question from a New Angle. Lexikos, 32(2), 203-222. https://doi.org/10.5788/32-2-1703