The Intellectualization of African Languages through Terminology and Lexicography: Methodological Reflections with Special Reference to Lexicographic Products of the University of KwaZulu-Natal

  • Langa Khumalo South African Centre for Digital Language Resources, North West University, Potchefstroom, South Africa
  • Dion Nkomo School of Languages and Literatures: African Language Studies, Rhodes University, Makhanda, South Africa

Samenvatting

Die intellektualisering van Afrikatale deur middel van die termi­no­logie en leksikografie: Metodologiese gedagtes met spesifieke ver­wy­sing na leksiko­gra­fiese produkte van die Universiteit van KwaZulu-Natal. Terminologie­ontwik­ke­ling en praktiese leksikografie is noodsaaklik in taalintellektuali­se­ring. In Suid-Afrika het die Departement van Sport, Kuns en Kultuur, die Nasionale Lesikografie-eenhede, universiteite, kommersiële uitgewers en ander organisasies die terminologie ontwikkel en termi­nolo­giese/leksikografiese hulpbronne gepubliseer om die gebruik van Afrikatale neffens Engels en Afri­kaans in toonaangewende domeine te bevorder. Teoretiese literatuur in die leksiko­gra­fieveld (soos Bergenholtz en Nielsen (2006); Bergenholtz en Tarp (1995; 2010); Gouws 2020) het pogings aan­gewend om die tradisionele onderskeid tussen die leksikografie en die terminologie te ont­leed en terselfdertyd die terminologiese onjuisthede in die relevante studieveld aan te spreek. Van­uit hier­die agtergrond neem dié artikel die metodologiese benaderings tot die ontwikkeling van lek­si­kografiese produkte vir spesifieke onderwerpsvelde, m.a.w. hulpbronne wat die termino­lo­gie van gespe­sialiseerde akademiese en professionele velde dokumenteer en beskryf, in oënskou. Daar word gefo­kus op die gebruik van tradisionele metodes versus die gebruik van elektroniese kor­pora en die teg­nologie daaraan verbonde in die belangrikste praktiese take soos term-onttrek­king en lem­ma­ti­se­ring. In die artikel word daarop gewys dat die beperkte beskikbaarheid van gespe­siali­seerde tekste in Afrikatale die ontwikkeling en benutting van gevorderde elektroniese kor­pora en die toe­pas­sings daarvan verhinder om sodoende die uitvoer van terminologiese en lek­si­kografiese take te ver­beter en terselfdertyd die kwaliteit van die produkte te verhoog. Die Illustrated Glossary of Southern African Architectural Terms (English–isiZulu), A Glossary of Law Terms (English–isiZulu) en die toekomstige isiZulu woordeboek van linguistiese terme word as spesifieke ver­wy­sing gebruik. Sleutelwoorde: intellektualisering van Afrikatale, leksikografie, termi­no­logie, terminografie, woordeboek, spesialeveldwoordeboeke, spesiale­veld­leksikografie, glossarium, elektroniese korpora
Gepubliceerd
2022-07-11
Citeerhulp
Khumalo, L., & Nkomo, D. (2022). The Intellectualization of African Languages through Terminology and Lexicography: Methodological Reflections with Special Reference to Lexicographic Products of the University of KwaZulu-Natal. Lexikos, 32(2), 133-157. https://doi.org/10.5788/32-2-1700